× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 6 months ago #170538 by Morgan
Wow driekie awesome oor die gewig!! en sy is so bly hy is so soet dan kan mens hulle nog meer geniet, hoop jy word vinnig gesond!!

Watse blik melk drink Eoin nou? NAN? S26?

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170537 by Morgan
Laliek dis n mooi fotodie, sulke scans maak mens net nog meer ongedulding!

Ella baie geluk!! ek en DH het op oukersaand verloof geraak so dis altyd speciaal en maklik om te onthou. Almal het geskenke oop gemaak en ek en hy het besluit ons koop nie vir mekaar nie (was in hartenbos by familie) na almal klaar was het ek en hy so rukkie lanks die see gan stap. Toe begin dit reen en ons hol kar toe, halfpad kar toe gan hy op een been en pop die question, so ewe met die "al wat ek vir kersfees wil he is jy" speech! Deel bietjie jou storie??

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170533 by Driekie
Hellooooo!!!En hoe ganit hier met almal???

Alletta - kry daai 2de opinie!Dun linings is baaaie algemeen en kan baie maklik reggestel word!!
Elrike daai piccies is sooooo oulik!Hoop die naarheid wyk gou!
Strikkels - ek hou nog steeds duime vas vir jou!
Morgs - sjoeeee klein Carli vorder fluks!Julle moet nou net die goed verder en verder uitmekaar skuif soos sy stewiger raak want dit sal haar dwing om te loop en nie haarself te stut nie.
Pais - Rikus is gorgeous!!!!hehehe jy wat praat oor tande kry - ek het op 3maande al tande gekry so dit kan heel moontlik met Rikus ok die geval wees...koop n harderige stuk biltong en slaan die punt plat en laat hom daaraan kou!O jaa oor swanger raak tydens borsvoeding is baaie moontlik..met ons dominee se vrou gebeur so haar kids verjaar in dieselfde jaar (een Januarie en een Desember)
Lalie wat n mooi naam vir n mooie seuntjie!!Daai foto is te cute!!!
Ella - dis sooooo naby vir jou bfp!!Nog net 6 dae dan's dit April!!!!

Skuus julle die res kan ek nie onthou nie!Maar wees gegroet ieder en elk van julle!!!

Dit gaan great hierie kant - klein Eoin is stroopsoet en drink 11uur (terwyl ek nog wakker is hehe) en dan weer so half3 en dan eers weer hier by 6:30 of 7uur die volgende oggend so tegnies maak hy my net 1keer in die aand wakker!!!En hy burp self of soms glad nie...dis regtig vir my awesome want dis die goed waarmee ek met Markus die meeste gesukkel het!

Al crap is dat ek gister vreeslik sleg begin voel het ..soveel so dat ek toe maar dok toe is...en raai ek het galblaasontsteking. So nou is ek vir 2dae op n liquids only diet en het ek n klomp pille om te drink including antibiotika..so selfs al sou ek aangehou borsvoed het sou ek nou moes ophou!

En dan die lekkerste lekker is dat ek van die 10kg preggy gewig nog net 2 oor het om te verloor!!Sodra ek hierdie meds klaar het gan ek my gym aansluiting finaliseer en daai 2 kilos plus die ander 18wat ek wil verloor verloor!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170488 by ella~bella
Halloes!!!!

Lekker Vrydag! Dis ongelooflik hoe die jaar verby vlieg. Kan nie glo ons is al deur 'n kwart van die jaar!

Lalie, jou scan is beautiful! Dis darem amazing dat die tegnologie so advanced is dat jy soveel detail kan sien!

Aletta, het jy al jou afspraak gemaak?

Morgan, shame man, hoop Carli loop sommer gou dat sy nie weer so val nie. Mind you, ons almal het maar geval, maar dis seker nie lekker om dit te sien nie!

Anje, min dae!!!!

Jooste, hoop jou bloedtoets gee sommer 'n lekker beta telling!

Hexy, Strikkie, Slakkie, Elrike, Cornel..... wie't ek vergeet, hallo!!!!

Dit gaan baie goed die kant. Ek en 'n vriend is besig om 'n besigheid op die been te bring, en die vooruitsig lyk baie goed. Ek voel baie geseend!

Ek weet nie of julle so oor spesiale dae is nie, maar vandag is ek en manlief 3 jaar terug verloof. Ek koester elke special geleentheid wat ons deel! Onthou dit nog soos gister!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170361 by Aletta1
Hello almal,

Lyk my julle almal al in die bed .... sies! Ek het omtrent uitgemis vandag .... Wel die seminar was baie lekker, "Insolvency Act" en die nuwe Company's Act. Ek het omtrent uit gevoel, besluit to om jeans aan te trek ... ha al die bleddie kaapse jappies was daar! Lekker underdressed gevoel, gelukkig het my baas ook haar jeans aan gehad.

Na vandag het ek sekerlik weer 2 kilo's opgetel, het lekker lamp shank vir middag ete gehad, was nou nie so lekker soos myne nie maar ek het nog steeds gesmul !!!!

Sal weer my goh moet uitwerk more by die gym. Lekker aand vir almal

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170325 by Laliek
Hi julle!

Hoop dit gaan goed met almal?

Was vandag vir ons 20w scan en alles lyk piekfyn met seuntjie.

Ons het uiteindelik op 'n naam ook besluit, sy naam gaan Cameron wees :)

Hier is 'n 4D foto wat die dokter vir ons geneem het met sy handjie so lekker voor die gesiggie.

Ek weet nie hoe ek nog 4 maande gaan uithou nie - ek wil hom nou vashou en he :woohoo:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170309 by Paisley
hoe gaan dit met Anje morgan? Het julle lekker gekuier?

TTC Since May 2008
Me: 29, DH 32
FS: Dr Pentz
IUI #1: March 2010 - BFN
IUI #2: 29 April 2010 - BFP on 8dpiui: 7 May
16 December 2010- Early onset of labour (Flat on my back for 2 weeks)
Drugfree natural birth - 1 Jan 2011 weighing 2.74kg (37w)
October, November 2011 - Chem Pregnancies
April 2012-Medicated Cycle: BFN
IUI#1(Yet again)- Planned for Aug 2013

ALL THE GLORY BE TO OUR GOD. FOR EVER AND EVER - AMEN!!

File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account