× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 6 months ago #170583 by Morgan
Tienks is die naweek in klein kariba lol... sy se sys te besig by die werk om so baie te chat en sy raak te ver agter as sy net elke nou en dan inlog.

Gaan baie goed met haar en Shayne. Hy is n regte klein bulletjie, met die mooiste dimpels, hy en Carli speel te lekker. Ek gaan weer maandag by haar inloer.

Sondag is Anje se due date... so Lianey gan enige dag kom... maar haar dr is nie die naweek hier nie so sy hoop L sit nog n rukkie.

Het Nel en Xen ook gesien woensdag. Hy is lekker windgat met so stoute gesiggie maar hys te cute man!!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170575 by sexy~hexy
Wow Ella...dis regtig spesiaal :) En Morgan joune ook!!

Aletta...eendag gaan jy terugkyk en sien dat als op jou TTC paadjie met 'n doel gebeur het. Daar is dalk 'n doel hoekom jy nie nou na die Dr toe kan gaan nie. Glo en vertrou net, en dinge sal in plek val ;)

Hallo almal....nog nie kans vandag gehad om te chat nie...dol by die werk en reen tog te lekker!!

Op cd14 vandag...moes gisteraand BD maar was te moeg en te laat by die huis gekom van my ma af...so het vanoggend 'n sessie ingewerk...so nou sal dit weer skuif na cd 16 toe ons volgende sessie. Kan voel ek het lower abdomen pyne...so ek hoop die Fertomid laat daai eiertjie uitpop!!!

Julle moet almal 'n lekker naweek he...ek gaan vroeg groet...DH het gepay so wil gaan groceries koop.

Waar in die wereld is Tienka????

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170569 by Morgan
Aletta begin solank met die temo ding dan kyk jy of jy wel self ovuleer dan as jy by hom uitkom het jy klaar baie info waarmee hy kan werk

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170566 by Morgan
Ag dis so sweet!!! Lyk my dis die valley om te wees as mens wil verloof raak!

Ek en DH was 4 jaar saam voor ons verloof geraak het, het ook later gedink hy gan nooit vra nie!

Haha Aletta klink soos my man se ex vrou!! sy hou haarself so holy, maar wat eintlik aangaan laat mens se mond oophang! sy bespreek amper elke dag my man op facebook met haar pelle... en hulle is al jare lank geskei

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170561 by ella~bella
Hallo Driekie! Bly om te hoor Eion is so soet! Sterkte met jou galblaasontsteking.

Jip, April is om die draai!

Aletta, dis 'n jammerte dat jy nie nou vir dr S kan gaan sien nie. Sou hulle jou gou kon help?

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170558 by ella~bella
Morgan, dis oulik! Iets wat mens altyd sal onthou!

Ons is die 2 jaar voor ons verloof geraak het by 24 troues van vriende wat trou..... maar niks kom my kant toe nie! Ek het al vrede gemaak daarmee.

Ons het bietjie verlof geneem en George toe gegaan om by sy ouers te kuier en toe ook bietjie KKNK toe. Ek se altyd as ons Garden Route toe gaan, dat ons nooit verder gaan om bietjie te gaan explore nie. So stuur ek altyd specials of idees deur om te sien wat hy se. Wel, niks!

Ons het die Woensdag op George aangekom. Daardie Donderdag bel DH se beste vriend (saam met wie hy gebly het en alles gedeel het) om te se hy het sopas met sy meisie verloof geraak. Dit was eintlik impulsief, want hy het dit ring laat maak en wou haar op 'n ander geleentheid vra. Ek en DH was albei verbaas, en ek het sommer daarna vies geraak dat sy vriend kan dink aan trou, maar nie hy nie! Nou shame, daar sit die man toe self met die ring in sy sak, ek weet dit net nie!

So kry ons die vriend by die KKNK en haar ring blink so mooi en sy is net in 7de hemel! Almal terg toe vir ons dat ons is seker volgende en en en.... ek natuurlik nie baie happy nie!

Na KKNK se DH toe dat ek altyd so aanhou om bietjie erens anders te gaan en hy het gedink om my te bederf. Hy het toe vir ons ingeboek by Phantom Forest in Knysna. Heerlik daar ontspan, niks verwag nie, want ek was te vies oor die vriende se verlowing! Die aand het ons vir 'n 6-course meal gegaan, na die main meal het DH op sy knie gegaan en my gevra om te trou.... daar was soos 'n absolute stilte in die restuarant. Iemand het gese: he is going on his knee! Ek het begin huil en DH het my weer gevra, want hy wou gaan sit!

Dit was een van die beste dae in my lewe!
x

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170547 by Aletta1
Hello almal,

Het dokter siebrits nou gebel, ek moet R1 000.00 betaal vir die eerste afsraak ... Ek het nie op die oomblik die geld nie. Ek het al klaar oor die R10k betaal oor die laaste 5 maande aan my ginekoloog en nou die fertility specialis.

Ek sal maar moet wag vir 'n bietjie. So ek moet die geld iewers gaan leen eers.

Ek is nou so kwaad, is mos nou verveeld by die werk en ek google toe liefie se ex. Haar twitter rekening kom toe op en raai wat ek kan alles sien wat sy met haar maatjies gesels.

Ek dink mos sy is die groot christin .... ha die gemors wat sy agter mens se rug praat is ongelooflik. Ek is so kwaad !!!! Altyd altyd voor ek enige iets doen dink ek eers aan haar gevoelens en hoe dit haar gaan afekteer. Ek meen ek gaan nog steeds nie na skool funksies toe nie want ons "mag" nie saam in een vertrek wees nie en dit is die dank vir stank wat ek kry. Om agter my rug gevloek te word, van gat gemaak word!!!!

Hel ek sal nooit weer terug staan vir haar nie!!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account