Hiya almal!!!!
Dit gan sommer baie baie goed an hierie kant - korreksie ek is soooo nie gemaak vir borsvoeding nie!Eoin is nou maar ook n bottel-baby, ek het melk jaaa, maar meneer het meer nodig as wat ek kan gee...
Eeeen baie baie goeie ding van kleinboet is dat hy homself burp..dis aaaaaawesome en iets om te beleef!!!En hy maak my net een..miskien twee keer as hy vroeg eet...wakker!
Ouboet is baie baie baie chuffed met sy boetie...deel speelgoed met hom..help mamma met bad en doekruil en het al self vir boetie bottel vasgehou om te drink..en verskriklik alert oor as hy huil!
Baaaie baaie dankie vir almal se mooi wense en boodskappies!Veral Klipster s'n...hehe dis sover nog true!
Verder gan dit baie goed en die geboorte-einas is ok ampertjies gesond..die family kom die naweek almal kuier en kyk hoe lyk ons nuwe boetie!
Sooooo baie het gebeur genade..
Hexy...duime vir jou pilletjies
Ella vir jou IVF..Klip en Slak vir hulle IUI/IVF...Strik probeer sonder die pille...ek dink soooooo an julle!!En nog Alletta en Jooste ook!
En dan al die amper mammas wat nog oor is!Ek dink aan julle ok special...die wat naby aan due is en normaal gaan...Anje net jou naam kom op..moenie stress oor die kraam nie..werk net met die pyn en bly asemhaal deur die krampe en dit sal maklik wees, dis dalk hoekom Eoin se geboorte vir my makliker was as Markus s'n al was hy groter
Sjoeg die lys is laaaank...Pais en Morgs - julle het prag-kiddies!!!