Hi Drix, sjoe dis nou lekker om van jou te hoor, jip, ek is goed voorberei op die asemhaling tegnieke, maar jy weet mos, prakties is ‘n ander ding. Dis so lekker om te hoor dit gaan goed met julle. Jy het pragtige kids.
Hexy, ek is bly Fertomid werk so goed vir jou. ….FXFXFXFXFX
Ai Pais, sterkte met ml en die studies jong. Dinge sal weer rustiger raak, gouer as wat jy dink.
Hi Lalie, jammer oor die onverwagte uitgawes, maar eerder nou as wanneer baba daar is ne. Ek stem dis hoogtyd vir ‘n boepie pic van jou hier.
Wow Morgs, Carli is pragtig soos altyd, sy word net mooier en mooier en jy mag maar scrapbook.
Ah Jooste, ek het jou nou die dag vergeet. Ek hoop jy het goeie nuus by FS gekry !!
Klipper, as ek mag advies gee, moenie nou koop nie, as jou twee strepies oor twee maande kry, gaan jy nie lank daardie klere kan dra nie.
AFM: Ek het vandag gou ‘n paar goedjies by die werk afgehandel, dr toe gegaan en UIF probeer afhandel, maar een van die vorms se datum was verkeerd (die beste, ek het dit blanko gelos, die amptenaar het die datum gegee en later gesien dis verkeerd). Dr is baie gelukkig, L weeg omtrent 3.2 – 3.3 kg’s. Julle moet asb. bid dat L nie oor hierdie naweek of volgende naweek besluit om te kom nie, aangesien my dr beide naweke af is en dus nie in PTA omgewing nie.
Geniet jul naweek !!