Goeie Dag Dames,
Sjoe, julle gesels almal sooo lekker en ek is so besig dat ek alles mis...
Hopeful,
Baie bly dat julle die IVF gaan probeer. Ek bid, glo en vertrou saam met jou dat dit vir julle 'n BFP sal bring!
BeeHen,
Baie welkom by die groupie Wonderlike dames, hier sal jy altyd ondersteuning vind. En al het ons nie altyd die antwoord nie, het ons wel 'n gewillige ore, bree skouers en oop harte. Die groupie het my defnitief aan die regte kant van my sinne gehou deur my TTC reis.
Zettie,
Ek is baie jammer oor AF wat jou planne in die wiele gery het, maar voor jy jou oe uit vee is die groot dag hier en dan kan julle vars begin en presies weet wat aangaan!
Zarah,
Water van 'n eend se rug af my skat. moet jou nie steur aan ander se ondeurdenkde komentaar. die wereld is ongelukig gevul met ongevoelige, onosele mense wie se monde vinniger as hulle breins werk! Jy is nie te oud nie, en waar het sy in elk geval haar mediese grad ontvang om so mediese uitspraak te maak? Sterkte vriendin en soos jy se: so leer mens maar met wie jy jou hart kan deel!
Blommie,
Bly om te hoor die swangerskap loop so mooi. Jammer om te hoor jou ander kindjie is siek. Ek hoop dit waai sommer gou oor!
NaomiB,
Jammer oor die ou heks wat haar verskeining gemaak het. Sterkte met die volgende rondte Fertomid!!!
Jooste,
My liewe vriendin! Ek is super bly dat jou swangeskap so mooi geloop het! En ek weet heeltemal hoe jy voel oor die swangerskap wat te vining verby is. Ek het dit ook vreeslik baie geniet, en ek mis soms my pensie en die beweging binne my. Maar as Anja vir my kyk en glimlag, dan swell my hart so van liefde dat dit voel of my liggaam te klein is om al die liefde te hou! Ek is baie opgewonde saam met julle en sien vreeslik uit om te hoor of dit 'n dogtertjie of seuntjie is, aangesien jy ook nie vooraf uit gevind het nie! Nog net 'n paar slapies dan hou jy jou geskenkie in jou arms vas!
Hallo aan al die ander Dames!
Hoop dit gaan sommer baie goed met julle almal...
En HOPE BaBy dust vir almal.
AFM,
Dit gaan baie goed met ons. Anja groei mooi en ons is nou in 'n routiene. Sy drink baie goed, en vandat ek suiwel produkte uit my diet sny doen sy baie beter en het nie meer aand koliek nie...

Sy weeg nou 4.859kg en is 59cm lank. Sy het baie goed gedoen toe ek haar gevat het vir haar eerste in entings, het net klein bietjie gekla maar nie eintlik gehuil nie.
Hier is so paar foto's van Anja, mamma en pappa. ek sal hulle apart moet laai, anders werk dit nie.