Oi gats - dankie julle!!Julle moet sebliefies GROOT sebliefies saam my bid dat ons honne gou gesond word!Ek het nou net by die dok gehoor hyt baie baie erge long-ontsteking en blykbaar is dit baie moeilik om te behandel en te genees - hy se nie baie honde oorleef dit nie
Jongies Karin - ek het actually nie n cooking clue wat om te doen met die vlermuis nie..Ek en manlief het die internet al voos gesoek na info rondom vlermuise en hoe om hulle te versorg en en en..
Die hele probleem is omdat daar so n stigma rondom hulle is is daar nie baie navorsig al gedoen oor hulle en hulle gewoontes en goed nie...
Ek het wel agtergekom ons ou Brucie is n insek-vretende vlermuis, en as ek dit reg het van die "free-tailed" tipe..o ja en darem weet ek ook dat net omtrent 0.5% van alle vlermuise rabies dra..
Die dingetjie is so lank soos my vinger en eet omtrent 0.6ml vloeistof wat bestaan uit eiers, ideal melk en Vidaylin-stroop en bly in n boks in ons kas....
Miskien is ons besig met ground-breaking werkies op die gebied van vlermuise want ek raai maar wat om te doen en sover het als gewerk want hy is nou Maandag wat verby was 2weke al by ons en leef nog al die pad.