Ok, ek gaan weer probeer, more more dames, was besig met die elektriese ou en kombuis ouens op een slag, elektriese ou is nou klaar, wag vir kombuis ouens, so ek het stuk stuk opgevang al het dit bietjie langer gevat as beplan.
Ansa, ek sien ek het jou halfpad merk gemis, maar baie geluk !!
M2M. ai jammer oor die masels en duitse masels, maar hopenlik is dit al beter nou.
Slakkie, Klink of jy ‘n heerlike tydjie in die wildtuin gehad het, dankie vir die voorstel, ek hou ook van Adina en dit sal pas by ons van, sal hoor wat se ml. Jammer oor AF, maar whoooohooo vir ml se entoesiasme !!
Ankies, sien jou man en W was siek, hoop hulle is darem beter. Jammer vir die reen op jul party dag, maar klink of julle dit vreeslik geniet het. Baie Geluk !! Wow Ankies julle TTC maand is ook al amper hier en ek dink daardie ekstra 25 Kg wat jy verloor het gaan verseker ‘n groot verskil maak !! Ek verwonder my steeds aan jou uithou vermoe. FXFXFXFXFXFX
Klippie, oi jammer oor jou ma en sussie, geniet julle kort vakansie in die Kaap.
Marie, toe mis ek jou, hoop jy het ‘n heerlike vakansie met BAIE RUS !!
Hexy, weet nie veel van karre af nie, maar hoop dit gaan goed met beide kar koop en die onderhoud My volgende scan by gyne is 07/01/2011 en dan het ek nog ‘n gratis 4D by hospitaal op 12/01/2011.
Karin, Happy Anniversary en geniet jou 4D, dit is wonderlike tegnologie !! Hoop Kiara le reg vir julle !!
Pais, geluk met die nuwe karretjie !!
Tienka, daai bounce bounce dingetjie lyk te oulik !!
G, julle moet asb. veilig ry !! Geniet julle vakansie en ‘n geseende 2011 vir jou.
Strikkie, Is jou FS afspr vandag ? Baie Sterkte en laat weet ons asb. wat hy se. Hoop dis ietsie kleins wat vinnig reggemaak kan word !! FXFXFXFXFX
Liz, Baie Geluk met jou +OPK, hoop jou huiswerk is op datum, kan nie wag vir jou toets datum nie !!
Drix, hoera vir die hospitaal en die 4D !! Wanneer gaan jy ?