Hallo almal!
Ek is so spyt dat ek al die lekker geselsies mis, want teen die tyd wat ek inlog is almal al huistoe!
Ek het so vinnig probeer opvang..maar my rekenaar laai die bladsye so stadig af - dat ek maar moed op gegee het.
Hexy: Jou seuntjie kan my vennoot wees as ek die kalender begin. Ek hou van hoe hy dink!!
Strikkie: Die oop sirkels by jou temps op jou kaart word veroorsaak as jy daardie oggend die temp op 'n ander tyd as jou gewone tyd geneem het. Om 'n presiese akkurate grafiek te trek, moet die temps elke oggend op presies dieselfde tyd geneem word. My FS het verduidelik dat vir elke 30 minute wat jy vroeer of later opstaan moet jy 0.1grade Farhenheit aftrek of by tel om die korrekte lesing te kry.
Anje: Ek is lekker jaloers op die nuwe kombuis! Dit is seker enige vrou se droom! Geniet dit!!
Beertjie: Ek is doodseker jou baba'tjie is net besig om 'n bietjie te rus...dis nou voordat sy jou gaan skop dat jy wens sy hou 'n bietjie op.