× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #135231 by KarinM
Sjoe Tienka... Baie Baie geluk met jou meisiekind se geboortedag herdenking.... ! Ai, my oudste is amper 11 en ek weet hoe die tyd vlieg, mag julle vandag lieflike en goeie herhinneringe deel en mag haar "groot mens" lewe vol sonskyn, voorspoed en gesondheid wees. :)
Geniet dit saam met haar!
XX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #135226 by Beertjie
More, more julle!

Sien julle praat oor tietiebottels... ek het 'n starterpack van Dr Brown gekry... hoop dit gaan werk.

Tienka geluk met jou dogter se verjaardag!

Ankia geluk met al die gewig jong, jy maak my skoon jaloers!

Hallo Karin, is bly dit gaan goed met jou en Kiana! Ek het nou besluit om bietjie meer pienk in die kamer te bring! Het die oulikse pienk denim pakkie gekoop vir Janka.

Aan al julle dames, ek hoop julle het 'n wonderlike dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #135216 by Goggatjies
Goeie More

Karen ek het ook die wye nek Nuk bottels met silicone tiete
Het ook die fout gemaak om tommee tipee te koop en avent, en op die ou einde het hy die nuk gevat

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #135210 by Tienka
More, more, my dogtertjie is vandag 18!!!

G, hoop jy voel gou beter, jy het dalk net 'n biekie 'ek' tyd nodig!!

Karen, geniet die kuiertjie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #135196 by KarinM
More dames!

Shame GBaby... hoop jou dag verbeter soos dit aan gaan! Soms kom mens net by 'n punt waar jy voel jy kan nie meer nie :( Maar gelukkig is dit die laagste punt en van daar af kan mens weer net op... dink aan jou.
Dankie vir die raad met die bottels! Al my kids is met Nuk groot gemaak (na borsvoeding nou) en ek wil graag weer dit gebruik maar ek sukkel vreeslik om Latex nipples te kry in George, daar is net nie! So ek ken nie regtig die Silicone nipples nie en ook nie die groot vet bottels nie.. sal maar maak soos jy se en eers uit probeer en daarna meer koop. :)

AFM: Gaan nog baie goed met my en Kiana. My skoonma kom vanoggend van Jhb af, sy kom kuier vir so 10 dae, die kids het hul konserte vroeg volgende maand en sy kom spesiaal.
Gelukkig het ek 'n baie nice skoonma so ek sien nogal uit na haar kuier en dinge. :)
Lekker dag vir julle almal! Hoop dit is vandag bietjie lewendiger hier, hehe.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #135182 by G Baby
More girls,maar dis stil vaoggend hier. Waar is almal?
Het heerlik gereen laas nag by ons,so lekker nat ebn vars vaoggend. Wens het het so gevoel ook. Skuins beduiweld vaoggend,dink die moegheid het my net so bietjie ingehaal en my geduld met die kindertjies bietrjie op. Sal maar myself orienteer om beter te voel.
Karin oor die bottels.... Ek sou nie starters pack koop nie,koop dalk een bottel en kyk of hy daarvan hou. Ek het duur les geleer. Sit met 8 splinternuwe avents bottels,4 tommy tipee bottels en de nys weier om sy mond daaraan te sit. EK moes op die ou en nuk gaan koop. Hy is mal oor die nuk (silicon tiet), baie lekker bottels.

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #135052 by Strik*kie
Hahahahah ek kan dit al imagine, sal nogals snaaks wees.

Ek het noudie dag op 'n site gelees oor mans se weergawe van sa's wat histeries snaaks was, veral uit man se oogpunt LOL

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account