O ja laat ek jou gou my most recent tiff vertel:
My skoonsussie se skoonpa het kom KUIER einde September en n week later toe kom sy nuwe "helfte" (weet nie presies hoe om te beskryf nie) daar aan...ons is nou nog nie aan haar voorgestel nie en het mekaar se name so toevallig gehoor..nou ja hulle is nou nog daar...
My man moet sy krieket-oefeninge in die aande soms laat voor kom of afstel sodat hy kan koskook terwyl hulle 6 (dis nou skoonouers, skoonsussie en man, sy pa en die vrou) op hulle gaaie sit en faceboek of tv kyk tot etenstyd..dan moet hy my nog kom haal by die werk (hyt die kar)..
Nou ja gisteraand wil die oom sy gat wip want my man kan kwansuis nie kook nie en hy moet elke aand honger gan slaap en sy kos in die asblik gooi...kan julle dit glo!!!!???
Bo en behalwe dit nou gooi hulle kos in die asblik..for goodness sake..ons het 14 honde HELLLLO!!!!!???As jy dan nie wil eet nie gee jou kos vir die honde moet dit nie weggooi nie!
Maar nou ja..dis hoekom ons nou die avoid tegniek gebruik op die oomblik....