Janee Hopeful, met tweetjies is die kans vir vroeg kom amper 'n "given". Sjoe ek hoop hulle sal kan vasklou tot ten minste 34-36 weke. Wens ons kon sien wat voorle.

My vriendin het met haar tweeling premature kontraksies begin kry van 32 weke af, sy was 2 weke ini hosp soos hulle dit probeer stop het en eventueel by die huis op streng bedrus en haar keiser gehad op 36weke. Selfs toe was die ou babatjies soooo klein. 2.1kg maar soos jy sy, jou girls aard na hul pa wat 'n lang man is en klink my hulle is sterk!
Ek was deurmekaar, want ek onthou hulle het iets gedeel, die plasenta natuurlik! Die feit dat hulle wel 'n plasenta deel, maak dit jou kanse om vroeg te kraam groter? of het dit nie 'n uitwerking nie?
My babakamer kom so stadig maar seker aan, Ons gaan sommer 'n cot laat maak van 'n prentjie af, helfte van die prys om een te koop wat vir ons mooi is! Ons het ook 'n ou kas wat ons bietjie gerevamp het en nou net laai laat inbou vir die compactum. Ek is lank en soek 'n lekker hoe compactum dat ek nie so hoef af te buk heeltyd nie. So die man wat dit maak kom haal hoeka vandag die kas en maak dan albei klaar. Sien so uit dat alles klaar is om my goedjies te begin inpak

Die kamer is nie so groot nie.. so alles is maar bietjie beknop! haha!!
Ons het ook geteken vir 'n plot en plan huis, hulle is sterk aan die bou en ek is SO verlig ons hoef nie self te deal met die bouery nie, ons sou aangesien ons 'n erf in 'n estate gehad het, alle planne klaar opgetrek en goedgekeur, maar op die ou end daarteen besluit aangesien alles net te duur begin raak het. Ons het letterlik verlede week die nuus gekry dat die erf nou uiteindelik verkoop is. So as ek na jou stories hoor van bouery dan is ek so verlig! Ons kan ook kies uit 'n paar opsies vir ons interior finishes, selfs net uit 'n handjie vol opsies is dit moeilik, so ek wil nie eers weet as mens self bou hoe onmoontlik dit is om besluite te maak nie!
Ons intrek datum is 15 April, so net voor paasnaweek. Ons sal maar kyk of dit wel so is

Juis om daai rede gaan ek nie te veel moeite met my babakamer maak nie, aangesien ons dit net vir 2 maande gaan gebruik. So ek invest maar in die meubels van die kamer ipv om te decorate.
I forgot to mention, I had my babyshower last week sunday (10th)
It was a surprise, very early I know, but on the other hand, Im so glad it was then as I can now take my time and focus on what I still need and get that. WOW! I got some amazing stuff, One really feels so guilty to think that people spend so much money on you. It was in my mothers garden under the trees and it was just perfect!
Lovely day in Cape Town, hope you ladies have a good one too