Hi dames,
Sjoe - prams kan duur wees!! My eerste baba was "Baby on a Budget"

, so het maar n goedkoop pram gekoop (Chelino Tazz as ek reg onthou), die staan nog in die garage saam met die kot, so sal maar net alles gaan uithaal en afstof as die tyd kom

. En om eerlik te wees, n pram is SO bulky, dat ek maar so gou as moontlik na n stroller gegaan het.
Was oefening aanbetref - ek het nie eers tyd (of energie) gehad to ek 2 maande terug ge-diet het nie, nou het ek NOG minder

. Ek weet ek moet, maar kom net nooit daarby uit nie!
Ek is/was nog nooit op progesteroon nie - het dit beide swangerskappe on 5/6 weke laat toets, en dit was hoog genoeg.
Ek wil graag n VBAC he (c-sec met eerste), maar wag maar vir die gynea om te se of ek kan of nie. As ek kan, sal ek ook hypno-birthing oorweeg.
Ek voel

, het nog nie gepuke nie, maar dit is party dae ook maar net wilskrag. Ek het permanent n slegte smaak in my mond, en n naar kol op my maag - die geringste reuk is genoeg om my te laat gag.
Party dae wonder ek of ek nie maar net moet gaan opgooi en klaar kry nie, dalk voel ek beter.... maar dalk voel ek SLEGTER!
Ek gaan die naweek weer die ASIC probeer, terwyl ek kan slaap - hopellik maak dit my nie meer so moeg as ek dit vir n paar dae geneem het nie. Anders sal ek maar n kussing op my lesenaar moet sit

gelukkig sit ek agter in die kantoor, so nie baie mense sal dit sien nie

(joys van oopplan kantoor - 50+ mense, net 5 vrouens.....)
Ek sukkel om genoeg vloeistof in te kry - alles wat ek drink proe sleg - ek is HEELTEMAL van tee af, het nog nooit van koffie gehou nie, en sap los n suur smaak in my mond. water maak my net plain naar... Ek dwing myself maar om n water bottle n dag te drink - gooi n bietjie super7 in, maar dit gaan swaar