Hallo julle!
Bianca- baie geluk met jou verjaarsdag wat verby is!!
Maybe eks so bly alles gaan goed met jou en baba, net jammer oor die naarheid
Hopeful, aai toggie dat die siekte jou nou moet tref, ekt self die griep gekry op my vakansie toe ek 6 weke was. Panados het darem sy ding gedoen vir die lyfseer en ekt Vital se maxi C 1000mg tablette gedrink. Dit het gewerk. So sterkte. Dis aaklig om niks te kan drink nie!
Haha, ekt lekker gelag vir hopeful se opinie oor die cravings, dis snaaks hoe alles wat mens geirriteer het van swanger vrouens is so stafig maar seker om self met my te gebeur. Ek bevind mysekf elke nou en dan oor my maag vryf, maar daaris nog nie eers sprake van n swanger maag nie! Haha!ek was ook glad nie n "skinny bean" toe ek swanger geraak het nie. Het n lekker "midrif bulge" gehad so nou kan ek se hy is net bietjie meer ge-enhance! Haha. Ek kan def voel ek is meer geswel om my maag, my broeke begin my seermaak nou aan die einde van die dag. Maar dit voel meer na vet as enige iets anders

. Ek moet begin fotos neem!
Ek probeer my sonar fotos opsit, maar ek werk op my Ipad en dit wil nie werk nie

Jeanine, watter ander website het jy gebruik?
Julle almal wat so naar is, drink julle iets daarvoor? Ek het SO naar gevoel toe ek 7 weke tref, dr het toevir my ASIC voorgeskryf (generic van vomifene) en jinne, ek voel weer 100%! Gaan probeer dit gerus, mens het eintlik nie n voorskrif daarvoor nodig nie, so ekt maandagnog gaan koop sonder voorskrif. Mens drink dit 3x per dag en sjoe dit werk baie goed! Die suster het ook vir my gese om Vit B6 te drink en ek lees op die boksie dit is spesifiek ook vir naarheid in swangerskap. Shame girls, sterkte!!
Lekker aand, hou maar die droe crackers byderhand..