Hi julle!
Hopeful - my ticker is nie lekker nie, ek is om maandae altyd 'n week ryker, so is eers maandag 12 weke. Gaan volg week woens vir my groot 12/13 weke sonar, hul toets mos dan vir downs en check dat al die organe werk etc so ek is baie opgewonde vir dit en is seker ek sal dan al 'n baba op die sonar kan sien en nie net 'n kolletjie nie. My sus en paar ander mense wat ek van weet het by die spesifieke plek op 12 wks alreeds uitgevind wat die geslag is!

Kan nie glo ek mag dalk al weet teen volg week nie!
Shame Julle, klink asof julle omtrent jul longe uit"kots"! Dis aaaaklig! Ek is so bang vir naar wees en opgooi, het 'n baie erge phobie daarteen. Maar ek moet se ek het gedink ek sou nou al fine wees, maar nee, ek kan nie eers dink daaraan om 'n pilletjie asic te skip nie, dan voel ek maar lekker "karsiek gevoel". Nie naastenby soos julle voel nie. maar ek voel ek moet nou heeltyd eet om dit weg te hou.
My Asic is hoeka op, ek moet nou nou vinnig ry om nog te koop!! (verslaafde.. haha!)
Ai, eks so sad oor Bianca se nuus.. Dis nou al die 2de een op die groepie wat MC gehad het. My vriendin is ook swanger en was maandag vir haar eerste sonar en het my toe ook laat weet na die tyd dat daar geen hartkolppie was nie en was die volgende dag in vir 'n skraap. Aaaai, ek voel dan net weer so dankbaar en voel ek wil myself in watte toerol..
Waar is Maybe?? baie lanklaar van haar gehoor!