heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 8 months ago #254180 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
3xMom, dis goed om te hoor. Spesialis het ook nie geworried geklink nie, net gese mens moet dit dophou.

Zettie, watter kleur verf julle dit? Ons het ook al verf gekoop, en sal ook kot moet oor verf!

Este, jy moet saamgesels op hierdie groepie, en jou details invul op die spreadsheet, dis lekker om so track te hou! Hier's die link na die spreadsheet: docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...K1I0LAlfo/edit#gid=0

Myne se due date is 25 Mei :)

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254179 by Este
Replied by Este on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene, as als goed verloop dan kom hy voorlopig die 12de Mei!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254178 by zettie
Replied by zettie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Goeie more julle.

Ons het die naweek babakamer geverf en ook Cot geverf dit is pragtig kan nie wag vir more se scan nie ek wil net bevestiging hê dat dit `n seuntjie is voor ek verder aan die kamer kan werk.

Ek kan nie onthou of ek julle vertel het nie maar Des was ons bietjie weg in Hermanus en terwykk ek my hare laat knip het my man die mooitste carrycot gekoop vir ons is hy nie oulik nie.

Ek voel ook in die aande ietsie maar weet nie regtig of dit baba is nie voel nie soos `n skop nie meer net soos beweeging kan nie wag om `n regte skop tevoel nie. :heart:

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254176 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi Irene,

Moenie oor die klein babatjie worry nie. altwee my seuntjies was klein gewees en ek en my man is albei average lengte en normale bou (ek is net heelwat oorgewig gewees.)

My oudste was 46cm en het 2.98kg geweeg
My (nou) jongste was 45cm en het 2.49kg geweeg.

altwee is op 37 weke en 'n paar dae gebore. baie babatjies wat klein gebore word maar vinnig gewig op tel na geboorte :D

worry maar net eers daaroor as jou Gynae vir jou 'n valid rede gee om te worry. :D :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254175 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Este wanneer kom jou baba?

Ek is vandag 21 weke. Ek voel al van 16 weke "iets", en voel dit nou al kleinnnnn bietjie meer duideliker - weet nou dis def baba. Maar ek voel haar ook nie so baie of gereeld nie, meestal net in die aande as ek op die bank le, en dan net so paar skoppies dan is dit weer weg! So ek dink nie mens moet nou al worry nie, meeste mense begin baba glo eers van 24 weke af voel.

Ek is vandag terug by die werk :( Boo! Glad nie lus nie.

Toe ek nou die dag vir my 20 weke fetal anomaly scan was het als baie mooi gelyk maar baba is bietjie klein. Die spesialis het gese sy sal vir my dokter se om dit dop te hou. Soms as hulle klein bly moet hulle glo vroeer uitgehaal word as hulle klein is omdat hulle nie genoeg voeding deur plasenta kry nie. Spesialis het gese dit kan ook net wees dat sy net klein is, klein babas weeg met geboorte tussen 2.7 en 3.4. Sy se dit kan geneties wees, as ek en my sussies bv klein was. Ek was 3.4 maar my sussies was albei 2.7, so dalk is sy maar net 'n klein mensie, hoop maar so!

Ek gaan 23 Jan weer vir 'n scan by my gewone ginekoloog, so sal dan hoor wat sy se.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254174 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal - so bly om te sien dit gaan so goed met almal! En geluk met al die bloues!! Seuntjies is lekker rof en tjommel en vet pret!

Ek is vandag 20 weke - halfpad, jay! Vanoggend het iemand wat my voor die vakansie laas gesien het en nie weet ek is swanger nie vir my gese ek het lekker vet geword... Ek het vir haar gesê, jip ek het baaaaaie lekker geeet die vakansie :lol:

Este, my krummel se skoppe kom en gaan ook - ek dink dis maar hoe hulle gedraai is. Later sal jy dit meer gereeld begin voel. Moet definitief nie noual daaroor bekommerd wees nie! En geniet dit as jy dit kan voel!

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254173 by Este
Replied by Este on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal,

Hoop jul het n lekker naweek gehad. Ek lees altyd te graag al jul goedjies. Ek is nou more 23 weke met n blou voetjie swanger en kan nie glo hoe vinnig die tyd gaan nie.
Ek wil kom hoor, of hier van jul is wat ook die babatjies soms lekker voel skop, en ander kere is hul baie stil vir die dag? My senuwees raak sommer dan op hol, wil eerder he hy moet heeltyd beweeg dat ek weet alles is reg. :) (die paranoia skop soms maar in)...


Lekker dag vir almal! :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account