More julle!!
Wou darem net gou laat weet ek lewe nog. Is verskriklik besig by die werk en travel vandag tussen al ons winkels rond.
Nunu, ek is vreeslik jammer oor jou slegte nuus. Ek was nou so geskok toe ek dit lees. Daar is geen woorde om jou beter te laat voel nie, maar weet net ons dink aan jou in hierdie verskriklike tyd.
Ilse weereens geluk met jou wonderlike fetal assessment. Dis moeilik om te glo daar is 'n ordentlike mensie daar binne jou. Ons gaan die naweek wat kom bietjie MamaMagic Expo toe by die CTICC, so ek sal mar sien hoe lyk dit daar.
Irene, baie geluk ook met jou eerste scan en dat als so mooi lyk!!
MammaOlifant, welkom hier by ons groepie en baie geluk met die swangerskap.
My due date is 7 Junie en my volgende scan is 17 November
Twinkle, baie baie geluk!! En welkom. Laat weet asb vir ons wat sê daai bloedtoetse.
AFM, die moegheid loop nog steeds sterk. En die naar het defnitief ingeskop. Permanent!!

Ek het agtergekom ek moet baie gereeld ietsie eet want sodra my maag begin agterkom hy raak leeg, dan raak ek bitter naar. Gelukkig nog net 1 keer opgegooi en Sout en Asyn Simba chips help nogal om die naar so bietjie meer draagbaar te maak.
Andersins gaan dit baie goed. Ek het nie regtig rede om te kla nie. Kannie meer wag vir my scan die 17de November nie. Gelukkig vroeg oggend, maar nog 'n hele volle 3 weke weg.
Ek kom loer weer in sodra ek 'n kansie kry. Lekker dag vir julle almal!!
PS: Ek het nog net 8 weke van werk oor vir hierdie jaar!!