More julle!!
Sjoe, ons groepie groei nou mooi! Baie geluk Gogga en baie welkom!! Jy is omtrent braaf om die kleintjies so op mekaar te hê.
Irene, my dr het ook nie vir my die hartklop bpm gegee nie, maar ek het 'n nota gemaak om te vra in die toekoms. Ek dink nie dit is so belangrik nie
Zettie, ek soek ook asb daai plek se besonderhede!! My dr is juis by Panorama omdat dit net 2km van my huis af is.
MammaO, baie jammer om van jou ordeal te hoor. Dit moes verskriklik gewees het!! Ek het vir my fertiliteits behandling gegaan by Tygerberg en dit was net af in die gang waar hulle die swanger vrouens gemonitor het. Dit het altyd vir my so erg deurmekaar gelyk, twyfel of ek met sulke chaos kan deal.
Hallo aan al die ander!!
Joh, julle!! Was ek gister vir siek!! Goeie genade!! Ek dink nie ek het al ooit in my lewe so sleg gevoel nie!!

Nie eers sout en asyn chips of powerade wou help nie!! Ek is 9h30 terug huis toe want ek konnie meer by die werk sit nie. Dit was aaklig!! Maar voel darem vandag weer baie beter.
Ek wil gou hoor by die van julle wat min of meer so ver is soos ek en verder... Ek het nie uitermate groot boobs nie, maar dis ook nou nie klein nie. 34C gewoonweg. En ek dra Edgars se padded bras met die underwire want ek HAAT dit as mens my nipples kan sien

Nou wil ek gou weet, met die dat mens se boobs se geswel is, dra julle nog julle normale bras? Ek vind dat die draad my seermaak, voel amper asof dit in die kant van my bors in steek? Kry mens so iets soos 'n maternity bra? Of is dit net feeding bras?