More almal!
Hoe gaan dit vandag?
Ja Irene, dis darem alles teken vana baba, al dink mens nogsteeds dis heeltemal onmoontlik en onwerklik! Ek is bly jy is nie naar nie, dis darem maar regtig aaklig!

Nog net 1 slapie voor jou scan, dis baie opwindend!
MammaOlifant - Waar woon jy? In SA sal alle gynaes scans doen, hier word nie groot onderskeid getref tussen 'n ginekoloog en 'n verloskundige nie. Jy moet maar vroegtydig begin bel aangesien jy nie iemand het nie en dan moet jy ook vir die ontvangsdame sê jy is swanger, anders gaan hulle net vir jou sê daar is nie plek nie.
Wat my betref voel ek 100x ligter vandag! Gister se scan was absoluut amazing! Al die biochemie wat vir my gedoen is, is 100%, niks fout nie, alles werk soos dit moet.
Babatjie is ook perfek, on het alles gesien, die mondjie en kakebeen, skedel, handjies, voetjies, vingers en tone, neusie, hart, magie, niere ens. Baba is so amper 7cm van koppie tot boudjies en die NT meting was 1.5mm, baie normaal, geen teken van Downs of iets nie. Baba was vreeeeeeeeslik besig gewees, wou nie stilsit vir fotos nie, heeltyd geswem en gespeel en gedraai en vrugwater gesluk. Hartkloppie was 160 bpm. Dr sê sy dink dis 'n dogtertjie, maar sy sal nie haar graad daarop sit nie. Ek dink sy is verkeerd, hierdie is beslis 'n seuntjie!
Ek heg so paar fototjies aan!