Hi Almal
Laat weet net ek het toe 'n miskraam gehad. Ek was vir sonar Donderdagmiddag en FS kon geen hartklop optel nie en kon glad nie fetus sien nie

Ek moes dadelik gaan vir Beta toets en weer Vrydag, wat dit net bevestig het.....Beta het afgegaan van 19700 na 16800.
Volgens hom mos die miskraam Dinsdag-Donderdag gebeur het...
Ek moes gister Cytotec insit en het binne 2 ure begin bloei (Jamme vir tmi).
Pyn (fisies) was ondraaglik en pynpille het nie veel gehelp nie....nie eens te praat van die emosionele pyn nie.
Om te ttc vir 7 jaar en dan uiteindlik jou BFP te kry en dan die slegte nuus wat niemand wil hoor nie....kan dit nie beskyf nie.
PVA??? Ek weet nie. Ek weet net ek sien nie kans om weer deur hierdie emosionele en fisiese pyn te gaan nie....wel nie gou weer nie....So ek dink ons sal seker n "break" vat en sien wat 2015 vir ons inhou.
Ek sal seker weer FS gaan sien sodra bloeding opgehou het en dan hoor wat hy voorstel......
Die liedjie van Habukuk bly in my kop: Al sou die vyeboom nie bot nie en die lande nie meer vol wingerde wees nie.....NOGTANS sal ek in die Here jubel en sal ek JUIG tot GOD MY REDDER...
Ek weet daar is 'n DOEL en PLAN oor hoekom dit moes gebeur het. Ek glo dat Die Here ons beskerm teen wat dalk met die kleinjie in die toekoms kon gebeur het...dalk 'n ernstige gebrek of siekte of dalk die dood....ek weet nie. Ek weet net dat ek HOM vertrou en dat HY die beste weet....
Ek wens jul dames all sterkte toe met jul pad van swangerskap en ek glo en vertrou (en bid) dat jul die bondeltjie vreugdes sal geniet en vir jul net vreugde, geluk en liefde sal bring