heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 11 months ago #252341 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More dames

Almal is so stil, was dit 'n rowwe blou Maandag gewees?

Ek was gisteraand weer verskriklik naar (en moenie van gister se heeldag-moegheid praat nie) maar vandag voel ek weer goed.

Nog net 1 slapie, dan sien ons die klein mensie, kan nie wag nie, ek is meer opgewonde as 10 kinders 'n dag voor Kersfees!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252324 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Baie geluk Irene L!!

Is dit nie ook maar al die hormone wat die piepie se kleur beinvloed nie?

ek moet in elk geval reg deur die nag piepie, so daar is nie oggend piepie nie:-)

Voel poegaai, maar probeer positief wees en my seeninge tel, en ek dink dit werk...Dinge is biejtie meer real na die eerste scan, dan weet jy waarvoor jy so voel...So ek wag in spanning.

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252316 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Julle moet baie water drink en ook enige iets cranberry - cranberry sap, cranberry pille, cranberries eet. Mens kry vreeslik maklik blaasinfeksie, ek het dit so op 8w gehad, al het ek baie water gedrink ens. Maar baie vitamines maak die urine helder geel, dis veral die b-vitamines en natuurlik is mens se urine in die oggende as mens opstaan altyd donkerder siende dat die uriene die hele nag gekonsentreer is.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252315 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ha ha myne is ook! ek't aangeneem dis oor mens se niere ekstra hard werk? maar ek dink ek moet ook meer water drink. op die oomblik eet ek net goed wat sleg is, soos baie stysel. vleis en selfs avo sit my vreeslik af skielik, kan nie eens myself in dink om dit af te wurg nie.... :(

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252314 by zettie
Replied by zettie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Goeie more julle geen nuus aan my kant nie alles gaan goed wag in spanning vir 4 Nov vir eerste scan.

n Vragie :blush: is julle piepie ook soos goud geel in die oggend ek is bang vir blaasinfeksie so drink nou van vanoggend af super baie water. Ek het dit gegoogle en hulle sê kn die vitamins wees ?

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago #252312 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Jip dit is my eerste :) Ek is van die Kaap!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 11 months ago - 11 years 11 months ago #252309 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal!

Hoe was die naweek gewees? En hoe voel almal vandag? Vir my is dit die 3de dag in 'n ry wat ek baie goed voel, geen naarheid nie, so lyk my dalk is die 12 weke tog magical gewees :woohoo:


So, ons het die skoonfamilie die naweek vertel en nou het ek dit ook op fb gesit, so die hele wêreld weet nou ;-) :woohoo:

Twee slapies tot ons fetal assessment Woensdag, ek is so excited, kan nie wag nie!

Baie welkom Irene, baie geluk met die swangerskap. Is dit jou eerste, waar woon jy? Hierdie is sommer nou 'n Mei en Junie groep, so jy maak die groepie met myle :silly: Die eerste scan is so wonderlik om daardie blob en hartkloppie te sien en te hoor! :heart:

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account