More more
Ilse jy is stil? Hoe gaan dit? Kry jy nog morning Sickness? Enige ander simptome?
Ek het nog geen simptome, behalwe vir my (.)(.) wat elke dag meer en meer sensitief raak. Voel so nou en dan bietjie moeer as gewoonlik, maar niks om oor te kla nie.
Oe, ek so opgewonde. Ons gaan bietjie weg vir 'n paar dae. Ek dink die break sal my en ML goed doen en dan ook help dat die tyd vinniger verby gaan sodat ons vir ons 1ste sonar kan gaan.
Gou 'n vragie..nie seker of ek MAL word nie....maar stress jy ook as jy sommer net 'n ligte krampie kry of iets. Ek moet erken dat elke keer as ek toilet toe gaan, VREES ek dat ek bloed gaan sien

Weet nie of dit normaal is nie.
'n Vroutjie by my werk het nou 'n miskraam gehad op 12 weke en ek is so so bang dit gebeur met my....MAAR ek bid elke dag en vra Liewe Jesus om vir my en ons ou wonderwerkie te bewaar....en ek WEET dat HY in BEHEER is en dit sal doen...ek moet net VERTROU en LET GO!!!!
Anyway...hoop almal het more 'n lekker Heritiga Daggie en braai lekker
Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.