Hallo Julle!!
happy friday!!!
Ouch HBW!! ek ken ongelukkig nie probleme met tande nie, maar nou wonder ek of jy nie dalk bietjie prodol kan gebruik nie. dit maak alles omtrend dood en word gebruik vir tande sny, so dan hoef jy nie later te koop wanneer dit sulke tyd is nie. sterte, anders moet jy dalk maar by daai ander mense ook 'n draai maak ( ek hou ook nie van die tandartse nie!!! net so bang vir hulle) sterkte dit kan nie lekker wees nie!!
OOOOH Haffie!! eks jealous!! ekt nog niks gekoop nie behalwe doeke... so eks maar net so agter. hehe!
Lekker Ilse!!! dit is altyd lekker om bederf te word! bly jy het nou lekker baie van alles! en dit wat te veel is kan altyd omgeruil word vir 'n ietsie nice to have! nog net 'n maand vir jou ne!! jy moet die rustige tydjie geniet en jouself oppas! - eks seker mens werk harder by die huis as by die werk... hoe gaan dit met jou pyne? al bietjie beter?
'n vroutjie saam wie ek gewerk het se baba kom Maandag, klink my daars komplikasies, sy gaan net so amper op 37 weke gebore word. Shame, die mamma is n bondeltjie stress. ek voel so vir haar! ek glo en bid maar dat die babatjie ok gaan wees.
hierdie naweek gaan woes wees by ons. oudste word 7 en ons het gister aand al begin partytjie hou.
My swaer hulle het kom kuier, en 'n kinderhart baie bly gemaak, hy het uiteindelik 'n jay board gekry. (skaatsplank met net 2 wiele) en ry al klaar die wereld vol. More gaan ons panarottis toe saam maatjies en daar partytjie hou. hulle gaan hulle eie pizza bou! klink na pret, en dan braai ons more middag saam die res van die Familie, en sondag word Christo eers eintlik 7. so geen rus met 'n huis vol mense en twee woelige ramme nie.
julle moet 'n awesome daggie he!!