heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #257665 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Almal,

Ek hoop julle het almal 'n heerlike naweek gehad.

Gogga ek hoop jou hoofpyne is beter vanoggend.
Irene ek voel jou pyn met die werk saam, hier is dit net so dol en ek werk tot suster uitval of ek omval.

Ons het lekker gelag die naweek...ons het die kar stoeltie gaan koop aangesien ons nog net 4 weke volgens Dok het voor suster hier is, maar mense wat 'n mission om die stoeltjie in die kar te instaleer. My ma vat vanmiddag die kar en stoeltjie terug Baby Boom toe sodat hulle kan help om dit reg te doen....

Dan het ek en pappa heelwat "training" nodig om vir sus in en uit die stoeltjie te kry....gister het dit hom 4min gevat om 'n pop vas te kry en daarna 7min om dieselfde pop weer los te kry. Sy sal bloedrooi in die gesig wees van skree as pappa so lank vat. So die volgende 4 weke moet ons oefen :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #257663 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Paar foto's van kamer. My ma moet nog die beddegoed maak.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #257662 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More mammas....

Wat 'n nag.....ekt g/aand vroeg in di bed geklim...net so voor 1h00 raak ek wakker sopnat gesweet en warm...ek loop toe my normale nagtelike draai. En drink my glas water. Ek besluit toe sommer om my temp te neem met een van daai infrared ear thermometers(gister middag gekoop) en daar wys die ding 40°… :dry:
Ek maak ML wakker.. en ek spring toe in lou stort om af te koel en temp af te kry,daarna nogsteeds 40°……ons bel toe die gynie op diens...jaag hospitaal toe ML ry oor al die rooi robotte...daar gekom vorms ingevul...en bd gekyk...en wonder bo wonder wys dit normaal(al was ek so gestres)...en uriene monsters gegee...en bloed getrek en my temp wys toe net onder 37° by hulle...en dit met 2 verskillende tipe koorspenne. Wel na die dr my ondersoek. Ore,neus,keel,hartklop,longe...niks fout daar nie. So ek wag nou "rustig" vir uriene en bloedtoets uitslae. Dr vermoed dalk blaasinfeksie of urieneweginfeksie....maar omdat ek geen pyn/brand/ongemak ervaar nie het hul my huis toe gestuur. Gynie en Dr sal bq later bel met uitslae.
Moet nooit net een koorspen vertrou nie...dis wat ek g/aand geleer het...

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago - 11 years 7 months ago #257661 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Gogga hoe gaan dit nou met jou bloeddruk?

Ilse, ja dis baie annoying :/ En nope, dis nie teen vergoeding nie. Mens kry wel "over time" wat mens kan gebruik, maar ek het al so baie ure want mens kan dit nooit gebruik nie - ons mag slegs sekere tye van die jaar vakansie vat, so mens gebruik elke geval jou verlof daarvoor! Ek gaan nou maar van die tyd gebruik om die week voor my kraamverlof halfdag te werk, of so iets. Ons kyk nou maar hoe gaan dit hierdie week, want ek was dood na verlede week, dit was regtig net too much. Mens moet ook heeltyd konsentreer met my werk, so dis bietjie uitputtend om so te werk. Dankbaar ek het n werk ens, maar ja onder die omstandighede is dit frustrerend, veral omdat hulle misbruik maak. Oh en omdat ons in die staat werk kan hulle nie sommer net nog mense aanstel nie (alhoewel ons wel nog ten minste een of twee mense nodig het), want alles moet mos voor gebudget word. My werk is van die staatsinstellings wat nog baie streng is oor budgets ens - wat goed is, maar ongelukkig is daar van ons departemente by my werk wat dan suffer as gevolg daarvan.

Ons het die naweek die babakamer 80% klaargemaak, nog net paar goed wat teen muur moet kom, en ek moet plakpapier kry om in die babakas te plak, en dan als uitpak. Gaan eers klere en komberse nader aan die tyd was. Sal nou nou paar foto's post, hier of op die Fbk group.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #257651 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo hoop jule almal het heerlike naweek...dis nou al dag 4 met hierdie terrible hoofpyn...en panados werk net nie.
ML meen dis die deurmekaar weer... :unsure:

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #257629 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
O ja Irene - wou nog se dat dit baie onregverdig is dat jy heeltyd moet laat werk en/of deur jou lunch werk. En dit klink vir my dis omtrent 'n gereelde ding!! Moet daar nie nog 'n persoon aangestel word indien daar 'n paar van julle is wat op so gereelde basis oortyd moet werk nie? En ek neem aan dis nou ook sonder enige ekstra vergoeding?

Dis regtig genoeg om mens moedeloos te maak en veral nou, jy wil beslis nie nou ekstra werk he en elke tweede aand laat by die huis kom nie. Mens raak so moeg al doen mens niks nie!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #257628 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo dames

Julle almal is nogal baie stil hierdie week op moomie, ek ook, maar y verskoning is natuurlik dat ek vd huis af werk en nie permanente internet toegang het nie.

Dis darem Vrydag, wie het groot planne vir die naweek? Ons planne is slegs die maternity shoot more en verder wil ek maar soos gewoonlik so min as moontlik doen.

Geniet die middag!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account