heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 6 months ago #257322 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal

Hoe gaan dit vandag?

Hb - agge nee, dit moet baie seer wees, ai jong. Dalk 'n naeltjie (lekker boereraat) op die tand sit? Maar ek dink jy sal dalk maar 'n draai by die tandarts moet maak, as dit 'n infeksie is, gaan jy antibiotika moet kry voor dit versprei.

Baie geluk met die aankoop haffie!

My afsprake was nou op 32w2d, dan weer op 35w2d en dan op 37w2d. Dis tot sover dit geskeduleer is. Op die oomblik gaan sy mos op 37w5d kom as ons dit tot daar kan maak.

Ek het vanoggend ingekom werk toe vir 'n vergadering en toe is dit al die tyd my surprise ooievaars. So my kar is vol geskenke!!! Is weer so vreeslik bederf, mooiste goedjies gekry en kan julle glo, niks klere of so wat ek alreeds het nie. Ek dink wel ek het nou heeltemal te veel komberse, so ek dink ek moet van die komberse gaan omruil vir iets anders, ons bly regtig nou nie in die pole nie.

So, ek is weer oppad huis toe om verder daar te gaan werk.

Julle moet 'n lekker VRYDAG verder he!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #257310 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Het my eerste aankope gemaak gister!!! Het 'n 2de handse noonoopie wrap gekoop (dis baba blou, so as dit 'n dogtertjie is moet sy maar vasbyt), so nou kan ek rondloop en borsvoed. Jay!

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago - 11 years 6 months ago #257309 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hbw, ek het aan die begin van my swangerskap skielik begin sukkel met my een verstandtand, was so seer! Ek het Listerine mouth wash gaan kry (die 0% alkohol ene) en teen die volgende dag was die pyn heeltemal weg. Die Listerene het dit ook doodgemaak sodra mens dit gebruik.

My tand was seer oor senstiewe tandvleis ek dink, want ek het nie weer probleme gehad nie, so ek weet nie of dit vir jou sal werk nie, maar dalk kan jy dit net probeer!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #257308 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
My worst fear has come true

TOOTHACHE :(

Het n probleem kies tand wat dok try red het verlede jaar, en so gevrees die ding begin my issues gee gedurende swangerskap en wraggies daar slaan dit my gister. Nou moet ek tandarts toe en ek weet hul kan nie veel vir my doen nie. Ek moet net by sit, ek vat eerder n inbreker aan voor ek na n tandarts toe gaan. n Helse vrees vir daai seermaak mense.

Enige iemand raad wat ek kan doen vir die pyn tot ek moed bymekaar kan skraap? Gewoonlik sou ek n disprin op die pyn sit, maar kan natuurlik nie dit doen nie. Gaan try spoel met sout water enige ander idees asdit nie werk nie?

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago - 11 years 6 months ago #257291 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo Julle.

Die afsprake werk so soos HBwoman gese het, twee weekliks van 8mde af en dan van 'n seker punt af weekliks. Dit is net so as jy beplan om normaal te kraam. Of as Dr bekommerd is oor ietsie.

Myne bly Maandliks tot op 38w wanneer Armandt kom (as dit nie vroeer is nie)

Weekliks is maar net om te monitor hoe ver kraam is. :)

Dit is net so besig hierdie kant, en dan is ek bietjie krapperig ook nog met van die mense hier... seker maar normaal

ek dink ek het 'n spier aan die ander kant van my naeltjie nou ook gepop... dit was gister aand verskriklik seer gewees. Ek sal my Gynae Dinsdag daaroor vra. ek raak bekommerd, netnou gaan ek restructive operations moet kry net om weer iets soos 'n maag te he.... :blink: ek hoop maar dit is nie die geval nie en dat dit maar net 'n rek was.

whoa MammaO! ek het nie eens gemerk nie. eks vandag 99dae!! yeah!!! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago - 11 years 6 months ago #257284 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ek het nie 'n clue hoe werk my afsprake en scans nie... Die staatshospitaal gee elke keer die volgende afspraak vir mens as hul jou klaar gesien het... Ek weet net van 36 weke af is al my afsprake by Somerset Hospitaal.

Ek is vandag op die "100 days to go" merk! Whoo-hoo!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 6 months ago #257280 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Myne is van my scan volgende Vrydag (30 weke) elke twee weke, maar myne bly twee weke, al wanneer dit 'n week uitmekaar gaan wees is tussen 39 weke en 40 weke. Maar dit kan seker ook enige tyd verander afhangende van hoe dit met baba gaan.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account