Sal interessant wees om te sien of die size voorspellings reg was vir almal se bondeltjies
Myne was 823g met Vrydag se scan (was 'n onverwagte scan omdat my baarmoeder te hoog was vir hoe ver ek is of so iets)... Dokter het net geskryf "adequate growth". Ek is nou 25 weke.
Irene, ek het gehoor Somerset is 'n baie goeie hospitaal, en verwag nie baie persoonlike aandag nie aangesien dit 'n staatshospitaal is, ek het net op die Mammahood groep gelees mens wag blykbaar so lank om opgeneem te word dat baie mense opeindig met 'n noodkeiser daar so nou is ek so bietjie op my senuwees - sal maar vinnig moet ingaan as kraamtyd begin, waar ek beplan het om eers bietjie by die huis te bly tot dit nodig is om in te gaan. En Somerset hosp 'n goeie 40km van ons, waar Atlantis hospitaal 7.5km van ons is... Maar weereens, ek is hoë risiko agv my gewig so is bly ek is verwys na 'n beter toegeruste hospitaal vir my situasie, op die ou end gaan dit oor baba se veiligheid en nie mamma se gemak/voorkeure nie...