file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #32558 by G Baby
Hallo julle,net gou vinnig ingeloer om te sien of daar nie al nuus is nie-tyd so min vir my,Nelria en Morgan die babatjies kan enige tyd kom!
DIe wildtuin was op die ou end so lekker-die kindertjies en my man het dit vreeslik geniet. Hulle was so opgewonde toe ons vir hulle s? on gaan soontoe. DIe olifante was die hoogtepunt-my seuntjie kon sy oge nie glo nie!!
Ons het in Letaba kamp geslaap en weer b orpen hek uitgekom(hoedspruit)

Marie-sover geniet ek die boek baie,en die Dr se teorie maak baie sin en ook nie moeilik om te toetepas nie. Werk vir kleuters tot tieners. EK hou daarvan om ouerskap boeke te lees en die een is een van die beteres wat ek al gelees het.

Hier is so 2 fototjies
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32430 by Tienka
Hallo julle, hoop almal het 'n heerlike naweek.

G, ek is so met jou met die trippie en die bediende, ek het nie die krag vir uitstappies meer nie en my oc irriteer my ook geweldig. Ek weet nie wat ek met haar gaan doen as ek op kraamverlof is nie, wat ek wel weet is dat ek haar gaan vasvat en sy gaan haar alie afwerk. Hall diep asem en geniet die trippie, dis darem net 'n dag en 'n half.

Anje, hallo jong, bly jy het kom inloer. Sterkte met die swottings, en ai wat gooi AF almal so deurmekaar hierdie maand, hoop sy kom gou.

Ek gaan biekie shopping doen vanoggend, my seuntjie het 'n elle lange lys van goed wat hy 'nodig' het, so ons twee gaan die winkels invaar vanoggend.

Lekker bly!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32427 by marie r
Hi Anje. Bly jy't weer bietjie 'n slag ingeloer. Hoe gaan dit met die swottings? Sterkte girl, dink aan jou. Ai oor AF, hou ons op hoogte oor wat die dokter sê.

G Baby geniet jou trippie. Dit is waar soos wat jy sê dat dit dalk die laaste een vir 'n ruk gaan wees. Probeer dit maar geniet vir jou kinders en man se onthalwe.

Hoe is daar boek Nuwe kind teen Vrydag? Het ook al gedink om dit vir my te kry maar nog nie so ver gekom nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32419 by G Baby
Hallo Anje,lekker om te sien jy het ook weer kom inloer. Dink aan jou met die eksamen en baie sterkte.
My man wil vandag wildtuin toe gaan-by orpen hek ingaan en dan vanaand by Satara slaap en more weer by Letaba(phalaborwa) uitkom.
Dink die kids en dh sal dit vreeslik geniet.
Moet eerlik s? ek het nou nie regtig nie lus vir die uitstappie nie,maar ek weet dit sal ook die laasste in 'n lang ruk wees.
Sal maar al my krag en geduld bymekaar krap,ter will van my kids en my man en dit maar doen.
:dry:

Julle lees oulik 2 boeke-Nuwe kind teen vrydag van dr Kevin Leman en die ander een is babywise!
EK lees die twee so gelyk,verfris net weer bietjie die geheue oor die borsvoeding,slaap en roetines. Het gisteraand seer BH gehad amper begin worry op 'n staduim,maar darem aan die slaap geraak.

Sorry vir die lang post!!! Lekker naweek verder

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32405 by Lia
O, Lalie, bly alles het goed gegaan, kom laat weet asb. wat dr se.

Jammer, ek hoop nou nie ek het iemand uitgelos nie, hallo aan almal wat ek gemis het.

BTW: AF nog nie hier nie, ek is nie swanger nie, raak nou so bietjie bekommerd. Sal maar volgende week vir dr. bel.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #32404 by Lia
Ok girls, ek het al 52 bl wat julle gechat het opgevang en nooit weer nie, sal maar moet los as ek weer so agter raak, dit vat BAIE lank om op te vang !! Skoon jaloers dat ek op die lekker chats uitgemis het.

Karin, ek dink dis jou woef wat babas gaan kry?! Het hulle al? Alles goed afgeloop?
Ek het gele van die lag vir die Paaldansers en visserman stories.
Klippie - Jammer oor die aambei, weet waarvan jy praat. Het 'n paar jaar terug heeltyd probleem gehad, maar vandat ek 'n baie hoë vesel dieet het gee myne nie meer probleme nie. Bel jou apteek, daar is 'n room wat jy kan opsmeer om die eina weg te vat, maar dit was vir my 'n mors van geld.
Mcdonalds glase - Ons het die laaste keer sommer 12 glase direk gekoop ipv die meals een vir een, nou is almal dieselfde kleur (blou) en dis 'n lekker grote glas.
G - Kan nie wag om jou foto's te sien nie. Klink of dit elke sent die moeite werd was.
Ankia - Wow, het ek gelag oor jul bed wat gebreek het. Het julle toe reggemaak of nuwe een gekoop?
Ek is bly almal se Manne is nou weer terug, julle moet lekker cuddle vanaand.
Wat Ophou rook aanbetref, ek rook self nie, maar my man het wel. Hy het einde Desember net besluit hy gaan ophou en hy het. Die eerste twee maande was die moodswings baie erg, maar dis darem verby. Net moed hou en bid vir baie geduld.
Krummelpap - Ek is geseen met 'n man wat fyn fyn krummelpap kan maak. YUM !!
Marie, Dis lekker om 'n Stoof glasblad te he. Weet nie of jy een al gehad het nie, maar net 'n tip. Almal het ons vertel, moenie suiker op 'n warm plaat mors nie, blykbaar chip die glas van suiker wat smelt.
Wow, Sien administrator se ons is die Vinnigste thread - ek kon dit sien in die laaste paar dae !!
Morgan - Asb, asb, asb, kan ek ook die chocolate koek resep kry?

Ok, ek sit lekker hier en opvang en tik, maar moet eintlik leer. Kry more 'n klomp mense. Geniet julle naweek !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago - 16 years 4 months ago #32352 by G Baby
Het jou gereply op FB!! Wat doen julle die naweek? EK is nog lui ook vanaand,dink ons gaan take aways iewers kry vanaand. Twee kids het nou net ges? hulle is honger - Sal maar gou vir hulle iets aand die kook moet sit wat daai honger magies kan vol maak!

Lekker aand vir jou,en lekker naweek hou!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account