Hallo Julle..... skuus dat ek nie mooi kan opvang met alles nie.
Was 'n besige week en kry skaars kans vir myself.
Anyways, soek julle opinie asb!
Was nou nou net by my gynae gewees.... Ek het mos skielik die laaste twee siklusse heelwat korter siklusse gehad en begin worry daaroor. Twee maande terug was dit skielik 25 dae en hierdie maand was dit skielik 24 dae.
Was altyd 28 dae gewees.
Nou ja, toe is ek gynae toe weer om sy opinie te kry.

Nou weet ek nie meer nie.
Volgens hom is daar nie 'n probleem nie. 7 maande se TTC is nie 'n probleem nou al nie, en ja, ek dink ook dis seker nog nie SO vreeslik lank nie... maar dit voel hel lank as jy die een is wat elke maand die dae tel en deurbid...
Toe se hy vir my hy weet nou nie in watter "groepie" ek val nie want daar is die wat DADELIK wil swanger word en genoeg geld het en dan na 'n FS verwys word om hulp te kry en dan die wat nog sal uithou en normaal probeer. Ag ek weet nie.. miskien is ek voorbeoordeeld ne... Hy was baie nicer met my eerste besoek in any case . Dalk het hy geniune nie geweet wat ek nou eintlik wil he nie,alhoewel ek vir hom gese het ek is bietje bekommerd omdat ek so lank vat en nou het my siklus verander.
Hy het toe ook net gese dat ek nog "gereeld" is en dis al wat saakmaak. Hy het voorgestel om ook 'n LH bloedtoets gedoen het om te sien wanneer ek sal O maar dan sal hy in any case dit eers Maandag vir my kan gee want dis nou te laat. En dan het ek dalk reeds geovuleer die naweek... ek het die papier weggesmyt want DH is van Sondag tot Vrydag volgende week in Kaapstad vir kursus... so as ek volgende week O dan is dit in any case 'n lost case.
So ja... ek gaan maar voort ploeter en hoop vir die beste. Gaan sommer vir my nou nou weer OPK's gaan koop by clicks, sal self maar kyk of ek dalk O die naweek... who knows.
Jammer vir die lang boodskap... voel maar net bietjie down, dink ek het meer verwag, het gehoop hy doen ook 'n sonar net om te sien of alles okay lyk.
Dankie vir die luister. Julle moet 'n awesome naweek he!