Middag julle
Paisley! BAIE BAIE GELUK!! en 'n wonderlike 8maande vir jull!! Ag dis wonderlike nuus!
Het net so vinnig deur gescan
Was vanoggend mos vir die HSG, interesante prosedure hoor, was nie 'n baie lekker gevoel nie, maar die dokter het my baie gemaklik en rustiger laat voel, dis die aaklikste drukking gevoel van onder, het so klein bietjie pyn gehad, was baie interesant om die plate te sien, dis glas helder asof jy na jou eie baarmoeder in 'n tydskrif kyk AMAZING! Sy sê baie keer as 'n vrou se tubes dalk geblok is kan sy dit sommer terselfde tyd oopspuit, en mens is blykbaar meer vrugbaar ook na 'n HSG, nou wat my bekommer.... volgens haar lyk dit of ek moontlik net een tube het, ek het so bietjie bloeding wat normaal is maar verder voel alles dood normaal, ek kry na 2 vanmiddag die uitslae en hulle stuur dit ook na Dr Roodt toe, iets gee my die idee (seker daai stemmetjie wat praat) dat ek ook by 'n FS gaan eindig, maar ek wil nie nou al ''jump the gun'' nie