More almal. Die sonnetjie loer vandag vir ons in die Kaap, maar more is dit weer 80% reën.
VB - Jong as mens lank sukkel om swanger te word, dan plaas dit baie druk op 'n huwelik. Veral as mens met allerhande behandeling moet begin. Dis rerig of mens op 'n rollercoaster is. Een dag voel mens goed en die volgende dag kry jy 'n BFN en dan voel jy erg depro. En as vrouens is hierdie paadjie erg emosioneel vir ons, mans verstaan nie die helfte nie. Ja, hulle wil ook kinders hê, maar hulle is nie so intensely betrokke by die hele proses nie. Hulle hoef in die meeste gevalle nie enige behandeling te ontvang nie. Terwyl ons vroue gescan word en pille moet drink en en en... Maar ek is seker jou man is baie lief vir jou en ek hoop julle kan hierdie goed uitsort. Mans is maar net anders.
Klippie - Voorspoed met jou FS afspraak. Kom update ons so gou as wat jy kan.
Tienka - Pragtige bump.
Hexy - Jammer oor die hondjie.
AFM: Ek dink my hormone is 'all over the place'. My boobs is baie seer en ongemaklik. Gisteraand toe ek my bra afhaal toe lyk hulle sommer styf en geswel met sulke groot blou are. En voel baie ongemaklik. Kan darem volgende week uitvind wat op aarde aangaan. Dis dalk net erge PMS oor ek nie die maand op enige pil is nie.