file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #19970 by sexy~hexy
More almal

Stekies is toe uit...nou is dit omtrent gevoelig want my broeke druk nou maar daar op my naeltjie :S En die koue help nie veel nie, maar elke dag word dit beter!

Sterkte met die LAP Laliek, ek was verlede Maandag vir een. Dis lekker om 'n PVA te he :)

Nelria, my vriendin het deur die landdros kantoor gewerk om haar seuntjie te laat afteken. Dalk kan jy dit so probeer, dan spaar dit julle darem 'n paar rand as om na 'n prokureur te gaan?

Verder nie veel nuus nie, lyk nie of ons boerboel baba dit gaan maak nie. Het als probeer, almal se raad en was veearts toe ook, maar ja, vir my voel dit vandag wil almal net geld maak maar niemand wil meer diens lewer nie. So ek bid nou maar dat die Here hom moet kom haal :(

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19894 by Lia
Baie Geluk G, Wow, die scan was heelwat uit met die gewig. Bly alles het goed afgeloop.

Tienka, onthou asb om pic op te sit, ten minste het julle 'n goeie foto gekry, al was dit met 'n gesukkel. Ag shame, so ouboet was saam, dit is so oulik.

Lekker aand julle

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19893 by Tienka
Baie geluk G, dis 'n lekker gewig. Dit wys jou hoe baie die sonars kan uitwees, mens kan dit nie 100% vertrou nie. Hoop sy stuur vir jou 'n fototjie om vir ons te kom wys.

Lekker aand vir jou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19892 by G Baby
Julle my vriendin se seuntjie is toe 17:30 gebore. Hy weeg 3.25kg en 51cm lank.Hulle is albei gesond!! So bly vir haar dat als goed afgeloop het.
SOnars is maar redelik uit-gine het ges? hy gan tussen 3.7 en 3.9kg weeg. Dis hoekom hulle haar induksie gegee het op 37 weke omrede hy so groot was.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19890 by Tienka
Goeiste maar julle kan chat!! M2M ek is sommer jaloers, ek lyk soos 'n os en het not 10 weke om te gaan, ek is HUGE!!

Was vir my 4D scan gewees vanmiddag en hierdie boeta het alles wat hy kon voor sy gesig ingedruk. Hy't sy bollies geflash en sy gesig weggesteek. Na baie gesukkel het ons darem 'n mooi fototjie gekry, hy lyk nes sy ouboet. Ek sal more die foto scan en kom post, ouboet dink hy is net te cute, hy het dit vreeslik geniet.

Morgs, Carli se kamer is STUNNING!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19874 by G Baby
Het gou weer kom inloer-sit nog in spanning en wag vir vriendin se sms-dink die baba is seker nou baie naby ek het sommer hol kol op my maag.

Mommy jou babatjie was omtrent petite maar te pragtig!! Hulle kan tog so klein wees maar tog so volmaak!

My dogtertjie van 4 het die naweek vir my gevra uit die bloute of ek 'n "cd" ingesluk het. Waar sy daar aan kom sal net sy weet,'n :huh: bal,waatlemoen maar 'n CD? Shame ek het lekker gelag vir haar. SY het my weer vaoggend weer gevra of sy tog nie assebleif 'n sussie kan kry nie. Vir haar geantwoord dat liewe Jesus nou klaar die boetie in my maag gesit het,maar sy kerm vir 'n sussie. :S

Anyway ek sal seker more nuus h? oor my vriendin-tata en lekker aand

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #19847 by Driekie
Ja - seuntjies in die boude!! Definitief myne net so balloon destyds!!

Die pratery het klaar begin - skeef en krom maar dis daar en dis heeltyd vrae op vrae!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account