file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #14309 by Slakkie
Replied by Slakkie on topic Re: Hallo Dames!
Sorry vir die lang post!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago - 16 years 4 months ago #14307 by Slakkie
Hoezit almal. Ek was alweer MIA maar ek was siek. Die volle saga volg hieronder ek gaan nou eers hoor hoe gaan dit met almal so here goes:

Paisley: You go girl - waar is jy!!

Ansa - Dit klink nogsteeds vir my bietjie suspicious.

Charlaine: So bly Dr P sort jou sommer vinnig uit. Blykbaar is Femara baie sterker as Clomid.

Strikkie: Ek het al daai melariapille gedrink maar onthou mens drink dit vir 6weke elke week 'n pilletjie so ek weet nie wat dit kan doen vir ttc nie. My raad is as volg en dis wat ons nou elke keer doen. Ek drink nie meer malariapille nie in die eerste plek is dit 'n moerse mission om die goed in die hande te kry want jy het mos deesdae 'n voorskrif vir als nodig. Ek spuit net aanhoudend Tabard of Peaceful sleep. Ek hou sommer die bottel in my handsak en spuit so 4 -5 keer 'n dag en prop van daai muskiet masjiene in en touch wood nog nie malaria gekry nie. Voor jy in die aand gaan slaap spuit sommer bietjie doom onder die bed ook want die muskiete laaik van donker plekke om weg te kruip.

Wie het nou weer die familie probleme Marcus se moeder? Pok almal! Jys die ma en jy weet beste!

Blessed, Nelria, GBaby, Skapie, Tienka - ons soek penspics!!!! Baie dankie Mommy en Morgan!


Ek kan nie nou nog onthou nie het net so deurgescan.

AFM: My afspraak by Dr. P is nou minder as 'n maand whoohoo. So my siekte - ek het verlede week woensdagoggend so 1 uur se kant wakker geword en gaan weewee (dis klaar weird want ek weewee nooit deur die nag) maar toe is dit net so paar druppelkies met bloed in. Ek het toe maar in 'n koppie gewieps om dit dokter toe te vat omdat die 15ml wee my seker 2 ure gevat het om uit te kry want dit was verskriklik seer. Die dr sê toe dis nierpyponsteking en vat toe my saampel wat ek van die huis afgebring het. Sy het vir my 'n spul pille gegee maar ek het die vreeslikste pyn in my regtersy gehad dis nou nog so dowwerige pyn. Sy het my toe vanoggend gebel nou sê hulle dat daar nie bakterië in gegroei het toe hulle dit gekweek het nie dus moet daar iets anders fout wees so moreoggend moet ek nou weer in 'n bottel gaan pee maar nou wonder ek wat de hel is fout want ons gaan volgende week weg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14301 by Morgan
sjoe strikkie ek weet glad nie, bel maar eerder jou gynie en maak dood seker

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14299 by Driekie
Ohel Strikkie ek weti!?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14287 by Strik*kie
Ai Ansa, jong kry jou eintlik jammer. Maar byt net vas tot dr bel, dalk 'n daar net ietsie kleins wat vinnig reggemaak word.

Julle ek wil gou hoor het enigeen van julle al mefliam malariapille gedrink? Ons moet nou drink vir vlge week se wildtuintrip en ek weet nie of dit invloed gaan he op skildklier en dan is ek in 2ww.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14283 by Driekie
Aiaiai Ansa'tjie - ek hou nog steeds vir jou duime vas man! Either dat Af nou kom of dat jy wel swanger is!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14268 by Ansa_S
Driekie die positiewe, negatiewe bloedtoets was negatief, dokter wil bloedtelling ook he, so dis weggestuur sal dit seker eers more kry.

Ek hardloop my self simpel badkamer toe vandag, hierdie verdomde waterrige afskeiding hou net nie op nie, elke keer raak ek opgewonde en dink dis AF wat hier is, net om te sien dit is nie sy nie!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account