More julle almal, hoop almal het n lekker naweek gehad.
G, ek voel vanoggend presies dieselfde oor my seuntjie, en jong vergeet daai ding van terrible 2's, myne is op 3 erger. Hy gooi nie regtig tantrums waar hy skop en slaan nie, maar vanoggend wou ek weer iets oorkom, hy wag net tot ek besig is om aan te trek of make up aan te sit dan soek dit iets, vanoggend was daar nou weer n gehuilery oor pap, en hoe meer ek se ons gaan nou skool toe en dan gaan hy pap kry, hoe meer huil dit. Gee toe eventually n bak rice krispies, nee nou wil hy nie dit he nie, dis genoeg om enige mens tot raserny te dryf. Maar ja, tussen al die dinge deur bly mens lief vir hulle. Wat ek ook doen as hy tantrums gooi, ek stuur hom badkamer toe dat hy daar klaar huil, maar soos Nelria se, wat ek ook al gehoor het, jy los hom dat hy skop en skree en jy loop en ignoreer dit, dit is net nie altyd maklik nie.
Ansa ?????? Enige nuus ??
Aan al die ander, hallo