file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #13854 by Morgan
Baie bly om dit te hoor mommy. Ek was ook al by die dr omdat baba so min beweeg, dr ook gese dis mar normaal en dis n rustige baba. Maar die naweek het sy seker gemaak ek voel haar skop! Wow jou magie kom nou aan ne!!

Driekie familie kan mens mal maak! ek het geen raad nie, want eks baie vinnig om vir mense te se om te gan vlieg, of dit nou familie is of nie. Ek en DH se ma het altyd so vas gesit sy was net plain mean. Nou is sy lucky as sy ons 1 keer elke 6 maande sien. Ek het vir DH gese ek sal nie dat einge iemand my lewe so wil run en baas speel nie.

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #13853 by G Baby
Mommy jou magie nog vrek klein!! Lyk te pragtig.

Morgan het jy nie panado stroop nie-gee dit vir bediende lat sy vir baba so 3ml gee,dit sal dalk ophou skreeu. Shame seker ore of iets.

Drieke,kriek-ja ek sit hom ok maar in kamer/badkamer as hy tantrum-slaan maak dit net erger en dit help nie. Probleem is die mannetjie se uithou vermoe is ongelooflik en skreeu maklik half uur lank. Sal jou teen die mure uitdryf.

Ansa jammer oor die negatief-weet jy is fine,maar dink aan jou. Dalk jou hormone nog bietjie deurmekaar na mc. Sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #13852 by Lia
Hallo almal

Welkom Liesl, ek sal ook voorstel dat jy ‘n ander gynie gaan sien. Hoop jy kry jou BFP sommer gou.

G, my vriendin se dogtertjie het haar terrible twos eers op vier gekry, hulle was eendag in ‘n winkel toe sy weer ‘n tantrum gooi, haar man wat al bietjie gatvol was vir dit op daardie stadium het net daar in die winkel langs die dogtertjie op die vloer neergeval en ‘n huge tantrum self gegooi voor al die mense tot die dogtertjie opgehou het en hom snaaks aangekyk het en sy het dit van daar af nooit weer gedoen nie…lol, al wat ek kan se is sterkte – maar ek dink die ignoreer ding kan werk. Geniet jou foto’s.

Hexy, Sterkte met die lap !!

Jammer Ansa, hoe ver is jy nou oor AF datum?

Ag shame Driekie, moet jou nie aan jou skoonsus steur nie. Ten minste is hy darem ok.

Hehe, M2M, jy lyk pragtig !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #13847 by Driekie
Nou ja gisteraand nooi my skoonouers ons oor vir ete. En die reeling is ons almal moet help met die skottelgoed en koffie na die tyd. Nou ja my skoonsussie het al die skottelgoed bymekaar begin sit en en asof sy dit sou begin was en ek maak toe koffie en ons is daarna daar weg sodat ek nog my wasgoed kon stryk en Markus in die bed kon kry. Vanoggend skel sy en skoonma my uit hoekom het ek nie die skottelgoed gewas nie.

Sy wat te lui is om haar eie drinkgoed in te gooi. Sy stryk nie haar eie wasgoed nie, was dit ook nie en hang dit ook nie op om droog te word nie.Haar man doen als vir haar.

En dan vertel sy NOG STEEDS vir almal sy gan al my babagoed van Markus by my kry EN dat ek haar baby-shower gaan reel!!!!!!!


Ek weet dis lank skus maar ek wou n aar bars vanoggend!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #13846 by Mommy2Monster
more julle!

Morgan - het jou boodskap gekry. Dr sê dis normaal, maar as dit my worry moet ek hom net 'n lui gee. Babas is blykbaar geneig om 'n dip in hul movement te kry wanneer spasie minder raak. Die kleintjie het net 1x beweeg toe dr kyk of als ok is...lui en relaxed baba. sy hartjie klop 150bpm en daar is steeds geen twyfel dat dit 'n boetie is nie...die klein meneerkie lyk kompleet soos 'n tripod...hehehe

hier is vir julle 'n pensie foto update...25w...nou kan mens sien eks swanger n al nadeel is dat my boude en boobs nou kompetisie het om te sien wie groei die vinnigste...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #13838 by Driekie
Saterdag het ons n lekker braai my skoonmense en n paar vriende. Ons het almal buite gesit en Markus het n koppie met iets in in die hande gekry reg by my skoonpa (die stop hom nie) en hy drink dit. Nou ja by die braai is daar petrol en sulke goed. So outomaties toe ek sien my kind drink die goed uit die koppie en bring op - skrik ek my dinges af en vra wat was binne-in en hoe't hy dit gekry? En hy (skoonpa) kan my nie se nie. Ek het klaar toe opgevlieg en hardloop toe met hom kombuis toe om vir hom melk in te gee. Met die struikel ek toe en trap toe op Markus se voetjie (darem net effentjies gekneus, hy hardloop klaar weer rond). Maak my skoonsussie die naarste comments van ek weet nie hoe om n kind groot te maak nie en kan nie na my eie kind kyk nie en ek het hom nou baie seergemaak en en en en...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #13837 by Morgan
haha nelria jy sal moet vinnig n plan maak as jy nog fotos wil neem, daai boetie kom dalk vinniger as wat hy moet! hehehe ek gan nog baie tyd he om op hom te oefen voor carli kom!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account