file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #11045 by Dassie
Ek hou duimvas vir Paisley, wanneer kom sy weer chat?

Anje - Ek dink dis oor ek 'n verwysing van gynae gekry het, dat ek die afspraak so gou kon kry. En dit voel goed om nie enige pille te vat nie.

Ansa - Hoop AF bly weg vir 9 maande!!!!!

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11044 by sexy~hexy
More almal

Kan sien almal het 'n lekker naweek gehad, kan nie glo dis alweer Woensdag nie. Die aftydjie was hopeloos te kort!!

Hallo aan al die nuwes, en aan al die regulars, hallo ook :P

Hoop julle het 'n lekker week en dat dit net goeie goed gaan oplewer!

DH was gister om sy kontrak te bespreek, en dit klink heel belowend. Wag nou net dat hulle 'n afskrif met sy aanstellingsdatum moet deurstuur, sy alie jik omtrent om te bedank.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11041 by Driekie
Oi arme jy Tienka - ek het insist dat ek net in die kamers matte het want ons dak lek ok soos n sif!!! Maar ons het mos n plat-dak huis, so dis hoekom - die water het nerens om heen te vloei nie. Ek al moeg gesmeek, so ek het n klomp ou lakens vol gate wat nou al amper n permanente feature in my huis is wanner dit reen-seisoen is.!!!

Ai Kriek - ek hoop regtig sy en babatjie kom gesond aan die ander kant uit!!!Dis vir my so sleg as dinge so skeefloop met swangerskappe!!

O julle en ek het skoon n giggel gekry die naweek - ons dominee en sy vrou se eerste kind n seuntjie is Januarie gebore en Sondag toe vind ons uit sy is swanger met die tweede enetjie ( kom iewers in Desember blykbaar), hehe - bou die nasie!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11019 by Tienka
More dames, sjoe maar julle het omtrent gechat dat die stof staan. Hierdie nat weer moet nou end kry, die helfte van my huis is onder water en niemand kan iets doen voor die son uitkom nie. Die matte ruik al klaar benoud :blink:

Ek het 'n aaklige hoofpyn, konnie in die bed bly nie want ons het 'n middagete funksie vandag, gaan sommer direk na die braai huis toe.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11012 by Ansa_S
Dis die eerste dag van my werksweek en ek is al klaar lus vir naweek!

Het vanaan haatlike oueraand, en dh speel more aand rugby en dan speel my span vrydag hokkie. So dis 'n kort week maar vrek bedrywig!
Moes gisteraand vir DH vertel van ons klomp girls op die forum, want hy het op die laptop gewerk en gevra wat is hierdie moomie website waarop ek gaan.

Hy is nie snaaks hieroor nie, maar soos die duiwel dit wou he, wou hy dadelik weet of gesels ons oor wanneer ons "dit" doen of nie? ha ha

Toe se ek net ons praat van baby dance!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago - 16 years 5 months ago #10999 by Strik*kie
Ons was ook net lekker rustig. Maar was vanoggend lekker om op te staan in die koue nat weer. :(
Bedoel lekker LUI - sien waarvan ek praat. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10991 by Kriek
Lekker Ansa, jy moet dit geniet soveel jy kan, want sodra as wat daai kleinding daar is, dan kry jy nie meer baie tyd vir net le en dvd's kyk nie. Ek het al begin dink my seuntjie het oe agter sy kop, want hy kan in sy kamer speel, maar sodra as wat ek net begin om iets te doen is die "mamma, mamma, ek soek dit of dat" lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account