Naand ladies,
Het gou DH se internet geleen om op te vang..
Hi Driekie, jammer om te hoor oor al hierdie dingetjies wat gebeur het. Ek is bly dat jou pa nie seer gekry het nie. Ek hoop jou ma voel ook gou beter en jou Nunu!! En geniet die speeltyd!!
Tienka, ek is self nie seker wat al die simptone behels nie, FS het gese dat ‘n mens baie bloated is, sukkel om gewig te verloor en dat mens se borste baie seer is, dit is glo die eerste simptome wanneer dit begin. Ek sal dit so baie waardeer as jy vir my daai dieet kan stuur wat ek glo nie ek sal elke aand net vis of hoender kan eet nie…. En ek sal ook glad nie omgee as dit gaan help om my vinnger swanger gaan kry nie!
Anje, dis ‘n jammer as hulle ‘n mens die verkeerde goed voorskryf maar gelukkig het jy iets reg gekry wat baie mense mee sukkel, sal nie omgee om self ‘n paar kilos in die proses te verloor nie!
Strikkie, LOL!!! O nee gits jong, laat jy my nou lag! Jou pa sal behoorlik wonder wat met jou gebeur het jong! LOL!!!
Cornellie! Geluk met die rook, hou nou net uit en aan ne! Die eerste drie dae is die ergste maar daarna raak dit net makliker!!
M2M, jy klink nes my ma, sy se ook elke man soek ‘n vrou in die kombuis en ‘n slet in die bed! LOL! Dit is klasiek!
Ansa, ek weet ek het altyd Staminogro gekoop op ons medies en moes altyd iets onder R10 inbetaal het. Mens kry verskillende bottels, 30,60 en 90 pille, as ek jou kan aanraai as jy dit wil koop, kry eerder die 60 of 90 want indien jy die 30 vat dan sal dit jou nie die hele maand hou nie en medies dek dit net vir 1 maal ‘n maand maak nie saak watter bottel jy koop nie. Ek het persoonlik gedink dat die Staminogro baie nice vir my was maar DH het begin kla oor vreeslike maag pyne en na hy opgehou het om dit te drink, het dit gestop.
Laat ons tog nou nie weer uitbrei oor die S*ks goedjies nie…. LOL!!! Nou-nou gee ek weer ‘n hele verslag…
Driekie, ek ken daai vibratortjie, werk soos ‘n bom!
Ella, nee gits jong, DH het te veel energie, die viagra sal in sy geval dalk net teen hom werk. Hierdie is darem kapsules en nie ronde pilletjies nie! LOL!
Strikkie, ja, dis baie goedkoper as die ander goed. Ons beproef dit nou maar vir die eerste keer so ons sal sien hoe gaan dit. DH se darem dat hy niks snaaksighede voel met dit nie so dis ‘n goeie ding.
Ansa, ek is nie seker of jy dit sonder voorskrif kan kry nie, ek glo jy sal kan want as ‘n mens dit nagaan op web dat wys dit daarop beskikbaar. Ons apteek het dit nie gehad nie maar hulle het dit vir my oornag bestel, so gaan hoor maar net en indien hulle nie het nie, laat hulle dit vir jou bestel.
Julle moet 'n lekker af daggie he more en lekker doeks vanaand!
Lotsa lovies!