My man het nou net vir my 'n biltongsop resep gestuur..... (dit vat net 30min om te maak) Hy skimp nou so vir die sop, blykbaar is dit ongelooflik lekker. Gaan dit sommer vir julle ook post.
Tjaila biltong sop:
125ml (½k) botter
2 beesvleisaftrekselblokkies
2t gemaalde swartpeper
½ t neutmuskaat
½ t koljander
250ml koekmeelblom
500ml melk
1½ liter kookwater
1 k gerasperde cheddar (te ryk, gebruik 600g, hoostens 750g…proe..jy kan altyd meer byroer )
200g fyngekerfde biltong (400g en ek vat droe wildsbiltong gekap en toe in voedsel verwerker verder fyn gemaal)
room & port (Opsioneel)
100g bloukaas, gerasper of gekrummel
Smelt botter in kastrol, krummel vleisaftrekselblokkies oor en voeg die speserye by. Roer die meel in, meng water en melk, voeg dit by die meelmengsel, hou aan met roer, jy soek nie klonte nie!
Verwyder sop van die stoof en roer die cheddar en helfte van die biltong in. Moenie die mensel weer laat kook nie, hou net warm.
Roer 'n bietjie room en port in net voor opdiening.
Skep sop in bord, sprinkel orige biltong oor en krummel bloukaas oor