file November 2010 Mammas

15 years 10 months ago #135379 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Ashleigh, dit wissel so tussen 3 en 4 ure. As dit 3 ure is, is my borste nog nie styf vol nie, maar teen 4 ure voel dit asof hulle gaan bars, so ek dink dis dan wanneer dit so baie melk is.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135364 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
Anina. Hoe veel ure het jy tussen haar voedings?

Eks bly dat jou man nie weg gaan nie, ek dink dit sou baie erg wees vir jou.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135272 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Ashleigh, lekker om van jou te hoor! Eks bly dit gaan goed met Zaylee behalwe nou vir die heat rash...

Ek voed vir Claudia omtrent 15 min aan een bors dan drink sy partykeer nog so 2 of 3 min aan die ander bors maar meestal net aan een bors. As ek uitmelk kry ek omtrent 100 ml uit 'n bors uit so ek dink dis omtrent hoeveel sy drink op 'n slag. Behalwe as ek vir haar 'n bottel gee met die uitgemelkte melk, sy sukkel bietjie om te drink aan die bottel dan drink sy net omtrent 50 ml.

My man het toe nie daai werk gevat nie! Ek is baie bly, ek dink nie ek sou 10 maande sonder hom oorleef het nie!

Lekker dag almal! Sterkte Elaine met julle trippie na jou ma hulle toe en vir die induksie more! Laat weet ons hoe dit gaan asb.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #135177 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
Hi almal,

Ek hoop dit gaan goedmet mammas en babas.

Zaylee het 'n terrible heat rash op haar gesig gekry, dit het so sleg gelyk. Ons pead het Avantin Milk voor geskryf en in 2 dae se tyd is dit amper weg.

Ek wil by julle uitvind, hoe lank voed julle babas op 'n bors?

Zaylee het reg deur geslaap gister aand.

Ek gaan haar more weer gaan weeg, ek hoop sy het mooi opgetel.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134697 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Amper daar Elaine! Sterkte vir die laaste manlose daggie. Ek haal my hoed af vir jou om met so 'n span kinders manloos en swanger te wees is seker nie 'n grap nie!

My man het 'n werks aanbod gekry op Geiger (hoop ek spel dit reg) eiland. Dis tussen SA en Antartika en dit beteken hy vaar vlg week 'n op skip weg vir 10 maande. Dis 'n ongelooflike aanbod, en ek het vir hom gese ek sal nie in sy pad staan as hy dit wil doen nie. Hy het net vandag om te besluit, so ek sal maar vanaand hoor wat hy besluit het... Ek weet nie hoe ek vir 10 maande sonder hom sal oorleef nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134595 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: November 2010 Mammas
Nog net 3 slapies dan gaan ek in vir induksie. Ek kan nou nie meer wag nie.
Ek wou hierdie week net rustig gevat het. Maar nou as ek sit en niks doen of boek lees dan voel ek skuldig, dan klim ek sommer in die kaste in en pak dit reg. Het vandag die kinders se kas reggepak, weet nie hoe lank gaan dit hou nie.

My kinders dryf my teen die mure uit, hulle maak my briesend, blameer dit maar op die hormone.

Ek voel taamlik alleen vandag, sien so uit daarna dat ML more aand by die huis is. Ons vat die kinders na my ma hulle toe Woensdag, dan ry ons deur Trichardt toe en gaan daar in 'n gastehuis slaap. Die gastehuis is loop afstand van die hospitaal, so hoef nie eers so vroeg op te staan om reg te maak om voor 6 by die hospitaal te wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #134300 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Yvette, I wish I had read your post earlier! Yes I would have been concerned about that!!
Shame man, I hope all is ok now and that you got it checked out. Let us know what the outcome was please!

Voetjies, ek dink dis nog Lelie en Elaine wat oor is, maar Elaine is die week. Lelie se due date is eers vlg week as ek reg onthou.

Julle dames moet laat weet hoe dit gaan asb!

Hoe gaan dit met al die mammas???

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account