file November 2010 Mammas

15 years 11 months ago #130399 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
hier is n foto'tjie van Mia...
anders die van julle op facebook, kan die geboorte ens foto's sien op my profile (Marsa Du Plessis)!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130398 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
hier is n foto'tjie van Mia...
anders die van julle op facebook, kan die geboorte ens foto's sien op my profile (Marsa Du Plessis)!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130377 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
dag se! dis so snaaks hoe mens dinge beplan vir die volgende dag, net om dan n heeltemal ander dag te he. met n baba kan mens lyk my nie jou dinge werklik vooruit beplan nie. veral ook nie as jy borsvoed nie, want dan hang alles af van jou voedings tye en of sissie bly by dit!
so ja...dis hoekom ek toe nog nie geupdate het nie.
hier gaan dit goed. het eergisteraand n moeilike nag gehad en die krag het uitgegaan hier in ons omgewing, 10uur die aand. dit was n gemors vir die nag, maar ons het daardeer gekom! toe was die dag ook nie veel makliker met sussie nie...
nadat my huishulp nie opgedaag het vir werk verlede week nie, het manlief vir hom gese hy moet ook maar nie terug kom nie, gelukkig toe bring my ma haar huishulp gister vir my. maar met die krag wat toe steeds af was, kon sy nie matte suig of wasgoed stryk nie, maar nou ja...so maak mens vrede met dinge ne! ons het op die ou end gister laat-middag my pa'lle se krag opwekker gaan haal, sodat ons net warm water kan maak om Mia'tjie te bad. dit het baie gehelp. die night-light wat met batterye werk wat ek gister gaan koop het, het ook toe nou nie die hele nag gehou nie, maar darem gehelp! half 2 vanoggend toe ek met n voeding besig is, toe kom die krag uiteindelik aan.
gisteraand was Mia stroop soet en kon haar mamma darem bietjie slaap inkry. na die oggend voeding het ek en sy toe sommer nog n heerlike slapie ingekry. haar oggend bad was ook die maklikste ene nog, met bitter min trane! moet se oor die algemeen is sy n baie soet dogtertjie. ek en sy het toe ons eerste alleen kar-rit gehad hospitaal toe om die handjie en voetjie afdrukke te gaan neem. ek was baie op my senuwees, maar het die oorleef. my kar-stoeltjie situasie maak my net gedaan. die flippen ding pas nie in my kar nie, nie op die voor of die agter seat nie. en ek verstaan dit nie, want ek't nie n klein karretjie nie (ry n ford ikon) maar die ding pas net nie in nie. so dis n gemors! ons was actually voor haar geboorte besig om n fortuner te koop, wat perfek was, en toe val die deal deur die mat, so my hart is baie seer en nou weet ek nie wat ek moet doen oor die kar-stoeltjie situasie nie!
hoe ry julle met die kleingoed in die stoeltjies? voor seat of agter seat en na watter kant toe kyk die seat dan...vorentoe of agtertoe?
anyway, my liefie kind was so soet die hele trippie deur, even deur die moulding maak proses, dood stil, was so trots op haar. sy't uitgehou tot terug by die huis en toe eers gevra vir haar voeding!
more word my steke uitgehaal! en Mia is al n week oud, ek kan nie glo hoe die tyd vlieg nie!

Rosie - ek's dalk al bietjie laat, maar sterkte! het iemand al iets van haar gehoor?

Ashlee bly dit gaan goed met jou en Zaylee. Sy is te cute op die foto! geniet haar.

Elaine & Lelie - sjaim man, dis moeilik met julle mans se werk tye ne. ek hoop regtig dat julle dinge mooi sal loop dat julle mans daar is wanneer dinge begin gebeur.

Anina...my vriendin, ek weet nie meer wat om vir jou te se nie, behalwe dat ek heeltyd aan jou dink! en ek waardeer dat jy my ook baie ondersteun, bel en raad gee! jy is waarlik n vriendin duisend!

Gerne - hoe gaan dinge daar?

julle ek wil net weer "brag" en se hoe erg dankbaar ek is vir my man. hy is waarlik n staatmaker en help my vreeslik baie. ek weet nie hoe ek dit sou doen sonder hom nie. hy is n wonderlike lewens maat en n fantastiese pappa! hy en Mia is so liefies en oulik saam. Ai, ek's bevoorregd.

o ja, Mia'tjie poefies heeltyd alles by die doeke uit, omdat dit te groot is. so ek't toe maar gister gaan prem-doeke koop en n paar "tiny baby" (basies prem) outfits by ackermans. nou versuip sy darem nie meer in die oorgroot klere en doeke nie, so dit gaan nou beter! my engeltjie is maar klein jong...! ek onthou anina of iemand het nou die dag ietsie gese oor hoe klein die doekies is en toe dink ek ai, hoop nie my kind gaan dit nodig he nie...maar julle ek't in baby boom gestaan en trane laat loop toe ek sien daar is doekies KLEINER as die prem, ai, my hart breek vir sulke baba'tjies en mammas/pappas. ai, ek bid vir hulle almal, want ek dink dis baie moelik met sulke erg klein babatjies. ek se weer, ek's so dankbaar dat Liewe Jesus ons babatjie gesond laat uitkom het en dat haar heupies en alle toe darem fine was op die ou end en ekt onnodig erg gestress!

nou ja, ek't nou alweer n essay geskryf....sal weer kom inloer wanneer Mia dit toelaat.

hoop die met julle babatjies geniet hulle baie en die wat wag, nie meer lank hoef te wag nie en dit wat in kraam is, dit great gaan! Seen vir almal van julle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130348 by lagarbah
Replied by lagarbah on topic Re: November 2010 Mammas
ashleigh- ur angel is gorgeous! anina-still waiting! feeling more pressure lower down, been doing sum squats and bouncing on ball. how did accupuncture go?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130023 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
Zaylee

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #130022 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Ashleigh, lekker om van jou te hoor! En eks bly dit gaan goed met jou en Zaylee!

Ja jong, ek wag nog. Maar hopelik is dit nou amper verby!!!

Rosie, ek weet jy lees tien teen een nie vandag hier nie, maar ek dink ontsettend baie aan jou! Hoop jy het al jou dogtertjie in jou arms!!

Elaine en Lelie, julle moet maar knyp jong tot daai mans by die huis is. Sterkte!!

Lagarbah, any news???

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #129899 by Ashleigh
Replied by Ashleigh on topic Re: November 2010 Mammas
Hi almal

Skapie, Gerne, Voeltjies baie geluk met julle babas. Ek hoop dit gaan baie goed met julle almal.

Met my en Zaylee gaan dit baie goed. Sy is 'n engel. Dit gaan goed met die borsvoeding, sy is gesond en sy is so soet. Ons geniet haar baie.

Rosie hoe gaan dit met jou?

Anina wag jy nog vir jou prinses?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account