hi almal! sjoe, ek was so lanklaas hier dat ek my password vergeet het! ek is darem op datum met alles van almal want ek lees elke email notification wat ek kry, so eks darem nou nie agter met almal se nuus en scans en dinge nie!
ek gaan nou nie soek wat ek laaste geskryf het nie, so hier is maar n general update.
alles gaan baie goed met my en voetjies. scan 2 (was 30 April, toe was ek 11w6d)en liefie was toe 4.8cm, hartjie het mooi geklop en liefie het vreeslik rond beweeg en geskop en tot met handjie "gewaai" en ons kon al 5 vingertjies tel! dit was absoluut amazing om te sien! die nek velletjie en bloed toetse is gedoen en my dok se alles lyk baie goed. nou gaan ek eers weer 4 Junie, en dit voel vir my ongelooflik ver! o, 1ste scan was my datum 17 Nov, en nou is dit 13 Nov. ek't van begin van swangerskap af 5kg verloor en nou in die tussentyd 1kg opgetel. so al my klere pas nog! en my magie kan ek nie se of dit al lyk soos n preggies magie of nie, want vir my voel dit net meer soos n opgeblaasde magie. ek't geen mc gehad nie, net erg moegheid wat darem nou redelik verby is, alhoewel ek steeds vroeg in die aande uitpass, en dan baie moody, maar net by die werk, nie by die huis nie! dan winde en krampe. dis al "issues". verder is manlief steeds great en help my so mooi met kos maak, en alles agter my aandra. even noudie oggend vroeer opgestaan en vir my muffins gebak omdat ek die vorige aand vrek lus was daarvoor!! ons het nog niks gekoop vir voetjies nie, maar al n hele kas en kamer vol persentjies en 2nd hand's gekry. gaan die naweek baby expo toe net om te kyk, nie koop nie, sal by expo in September koop as ons teen dan nog iets kort. ek gaan eers kyk wat ons alles kry voor ons koop! en toe vanoggend wen ek n BEELD kompetisie...2 kaartjies vir die expo EN 4D SCAN! so nou hoop en bid ek dat ons met die scan kan sien of ons n dogtertjie of seuntjie gaan he, dan hoef ek nie te wag vir 4 Junie om te weet nie!
nou ja, dis nou n lang "update" maar ek belowe om meer gereeld in te loer sodat ek nie so baie hoef te skryf op n slag nie!
ek's baie bly dit gaan met almal goed en Gerne baie, baie geluk!
die met nog MC, baie sterkte!
die wat nuut is, baie welkom!
nou ja almal,hoop die res van die dag is heerlik!
o ja, ek's baie spyt ons kan glad nie vir Debbie opspoor nie, sal so graag wil hoor of sy okay is, of darem ondersteuning try gee indien alles nie okay is nie. Ai, die lewe darem, dat mens so begin "omgee" vir mekaar al het ons mekaar nog nooit ontmoet nie! Ons dra haar tog in ons gebede!
en o ja nommer 2, ek het van my fototjies gescan, maar dit het nie so great uitgekom nie, maar ek sal try upload, dalk kan julle darem bietjie sien!
okay tata nou regtig...vir eers!