file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #218157 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
GOEIE AARDE, ek draai net my gat en as ek terugkom, dan het julle BOEKE vol geskryf!!

Ok, ek het vlugtig alles gelees! :pinch:

Grenaat, welkom terug jou bruin mens!! :P Baie chaffed oor jy opgehou het!

Wow, ek het al baie aan die donation dink gedink, alles van die beste en ek hoop dit werk uit!! Hou ons op hoogte en vertel bietjie meer hoe die hele proses werk asb!

Voetjies, klink of julle 'n heerlike vakansie gehad het (en 'n moer lange if I might add :P )

Gaan goed hier, geen klagtes, behalwe dat ek weer by die gym moet uitkom nie, en vandag is die dag!

So ek gaan amper tjaila!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218154 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Wow Voetjies! Wat 'n wonderlike aftrede het jou ouers nie! Hulle moet dit geniet! Is Boknes so ongerep as wat mense se?

Grenaat welkom terug! Bly dit gaan goed. Maar die blyste oor Henko so mooi aangepas het by die skool! Dis wonderlik! Jy byt mooi vas met die rokery! Hou so aan! Jammer die werk begin so goor!

Dis wonderlik dat jy bereid is om vir 'n ander mamma te skenk! As die ouderdom nie teen my getel het nie, sou ek dit ook ernstig oorweeg het!

Sjoe Rubies is 'n regte waaghals, ne! Kan my net indink hoe hy binne-in die wasbak sit en tande borsel! So cute! Een van die dae hardloop jy saam met ons ander agter hom aan!

Hasie sterkte vir Stefan se eerste skooldag! Ek hoop julle kry vinnig 'n lekker blyplek in die area! Dan hoef jy nie so vreeslik te ry nie. Hoe ver gaan dit dan van manlief se werk wees?

Sjoe julle ophou rook meds is rof op die lyf! Ek het so vinnig gaan lees oor die goed wat jy gebruik Grenaat. Dit lyk of hulle vermoed dat dit ook die nikotien-onttrekking kan wees wat die hele selfmoord en depressie gevoelens veroorsaak.

In elk geval weer baie sterkte vir julle wat besig is om op te hou, gaan probeer ophou en graag wil ophou! Ek dink dis net so moeilik soos dieet!

O ja Grenaat, kom wys bietjie fotos van die seuns se kamer! Onthou ek gebruik mos nie fb nie. Asseblief!

En almal kan gerus weer 'n ou fototjie van die kleingoed kom opsit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218150 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Claudia klim ook by die glypank op, maar sy klim nou al 'n rukkie lank aan die ander kant by die leertjie ook op. En sy gly kop eerste by die glyplank af. As sy onder kom, dan sit sy haar handjies neer om te briek, dan lig haar hele lyfie op soos sy briek. Ander dag het sy bietjie te laat gebriek en toe sommer afgegly tot op die gras, gelukkig was dit 'n smooth een sonder trane.

Stefan gaan darem net 3 keer 'n week skool toe gaan vir eers. Maar dit is 'n entjie, hopelik kan ons gou trek.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218149 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
as jy die negatiewe op die champix pamflet lees (wat ek gelukkig eers die week het :blink: ) sal jy dalk 2 keer dink voor jy dit drink. dis rof. goed soos depressie, selfmoord by depressie leiers, insomnia, nausia, slegte drome ens. dis regtig erg.
gelukkig het ek nie voor die tyd gehoor van enige slegte simptome nie en net positiewe goed gehoor. die simptome wat ek wel kry is naarheid, na ek die pil gedrink het voel ek vir so driekwart uur sleg, amper soos 'n sooibrand, hol kol gevoel (dink dis dalk hoe morning sickness kan voel maar ek sal nou nooit weet nie). maar dit werk eintlik vir my goed want ek drink hom in die oggend dan eet ek baie min of niks ontbyt, en in die aand dan eet ek baie min aandete :lol: so dit help dat ek nie te veel aansit nie :whistle: En ek sal se ek sukkel bietjie om aan die slaap te raak en droom vreeslik maar ek is darem nie doodmoeg deur die dag nie so ek is okay.
dis darem net 3 maande !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218148 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
o ja, ruben klim mos op met die gly plank, ons het hom afgehaak, ek is bang hy val af.
nee die badkamer se lig was aan toe hy daar in en op is.
weet jy, henko het ons op die bed neergesit van dag 1 af en hy het NOOIt afgeklim, net daar gele, nou nog, hy klim nooit van sy bed af nie, al wil hy nie slaap nie hy le net daar, ook nooit afgeval nie. dus dat ons nie bang is dat hy bo slaap nie.
maar Ruben, o my genade. as ons hom 20 keer 'n aand terug vat dan is dit min. hy dink dis 'n moerse grap en kruip in die gang af, wag net vir ons om ons boude te lig dan snol hy terug en gil van die lag. ek wil so graag saam lag want dis so vrek cute maar moet ernstig wees sodat hy kan sien dis nie reg nie. ag hulle is nou net op so oulike stadium. hy kom sondag aand heeltyd so om die hoek van ons kamer dan loer hy vir ons en se "Haloooooo" as ons vir hom kyk dan kruip hy vir 'n bed, ek sweer as hy nie 'n doek aangehad het nie sou hy hom nat gepie het elke keer :laugh:

voetjies ek het aangesluit by 'n egg d onation plek. ek dink in die begin was dit meer oor my, wat so graag soveel kids wil he maar nie kan nie, maar nou, as jy jou lewe moet indink sonder jou kids, kan jy dalk net 'n traan of twee laat val, dink net hoe voel daai mammas wat alles in hul vermoe doen maar dit nie kan kry nie. ek kan hulp help om die beste geskenk te kry en die liefde van hul lewe. !

hasie, sterkte met more, ek glo dit gaan moeilik wees maar ek dink hy gaan vinnig aanpas, glo hy sal mal wees oor al die maatjies. ja shoe, gaan jy hom skool toe vat elke dag? sterkte jong

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218143 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Lekker om weer vir Grenaat en Voetjies terug te he! Hoop dit gaan goed met al die res!

Stefan gaan more skool toe vir die eerste keer. Ons het 'n oulike nuwe skooltjie in Fairy Glen gekry waarheen hy gaan. Dit gaan nou vir die eerste ruk nogal 'n ryery wees maar ons beplan om na daai kant van Pta toe te trek so en ek wil hom nie nou in 'n skool sit en dan weer later skuif nie. Hopelik gaan alles goed more, dit gaan seker maar vir my bietjie harsteer wees. Hy gaan net 3 keer 'n week op die stadium en as ek dan dalk die aflos pos kry, sal hy en Claudia voltyds gaan vir die rukkie wat ek daar werk.

Geluk met die loop Voetjies!

Grenaat, klink of Rubies maar 'n lekker rakker is. Ten minste is hy nie bang vir die donker nie! Sterkte, ek sou dit ook nie so lekker oorleef het nie. Die dat C maar nog in 'n kot is, sy sal verseker nie op die bed bly nie. En sy sou defnitief by die bunkbed se leertjie opgeklim het, sy klim al lankal klimraam.

Lekker daggie vir julle!

Jitte

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218138 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Wag nou is ek “lost”, :blush: :huh: wat gaan jy donate..., en hoe het jy tot so ’n besluit gekom, as ek mag vra?

Ek’t nou al gehoor die Champix is goedkoper en werk net so great, ek wou nog search wat die “negatiewe” daaraan is, want Zyban se negatiewe is maar rof.

Genade, ek kan dink hoe stress jy, ek sal my dood bekommer en glad nie kan slaap nie! Kan jy nie al die deure toemaak dat hy nie by “verkeerde” plekke ingaan nie? Of selfs sy kamer deur? Te oulik dat hy toe wou tande borsel, maar nee, ek sal die stress ook nie kan hanteer nie. Wat as hy besluit hy wil “in” die toilet speel of so iets....? Sorry, try jou nie meer laat stress nie! :sick:

Nou is ek en jy vandag hier...en die ander chat nie saam nie, darem het Kwaaitjie kom hallo se!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account