Hallo almal, skies eks stil, dinge bietjie rof begin by werk.
Bollie, vrek vrou jy laat my skrik, ek begin lees toe sien ek sommer my naam saam die 2012 swangertjies se naam, ek moes mooi twee keer lees

(jy is reg ja) maar nee, dit sal nie ek wees nie. Ek gaan nou vir jou se wat almal altyd se, wanneer is daar genoeg geld??? Onthou of jy dit nou doen of oor 3 jaar, die kostes bly baie. Ek is baie bly die seuns is so naby, hulle gaan so lekker maats wees eendag.
Sterkte aan elkeen wat probeer!!! Hou stywe duime vas.
Hasie, jy het mos gese jy wil graag baie kids he ne! ek dink ook ‘n wagtydjie is goed, laat die ander 2 net eers bietjie vir hulself kan begin sorg (en help kleinboet of sus grootmaak )
Flip daar is bollie weer, jy laat my bang raak jong, my man bedinges homself.
Nee kwaatjie, nie jy ook nie. Concentrate girls…VOETJIES & DF…. VOETJIES & DF! Okay het julle dit…mooi!
Hasie, nee ek wag nog vir rosy om te kom voor ek met die evra kan begin. So geen voorbehoed. Sy behoort binnekort op te daag, is al so week agter maar dis omdat ek nie op die pil was nie dat ek agter is.
Nee julle kan maar lekker lag, ek lees als hoor!
DF, as jy met maternity leave is kan jy mos lekker werk aan jou yoga planne?! Dis eintlik ideal want jy het (redelik) baie tyd dan.
Kwaatjie, mare is al baie groot ne, lyk soos ‘n toddler! Okay hulle is seker al ne. of nog nie. hy is pragtig. Lyk my die kleingoed almal like a stort, ruben skree sommer as ek stort, hy wil ook in.
Dankie julle, ja ek is rookvry, dis nog nie eers ‘n maand (kan nie glo dis so kort nie, voel of ek nog nooit gerook het nie lol) nie maar ek voel fantasties, ek sal regtig nie ingee en weer begin nie. die pille help vreeslik en ek crave glad nie. okay moet byse, kom glad nie in aanraking met rook nie en glo ek sal seker lus raak as ek dit weer ruik en sien (soos jy se bollie) maar ek is SO HAPPY ek is klaar. Gister was bietjie moeilik – die ou gewoonte by die werk van rooktye, maar vandag is ek fine!
Voetjies, bly dit gaan goed met Mia se skool! Ag geluk met die loop man! Baie oulik.