Hi julle
Grenaat, ok ek wil weet waar werk jou man as sy verhoging so groot soos jou pay is???

Kan ek sy werk kry en dan sal ek Voetjies se verlof vat!!
Ons company se verhogining werk slegs op CPIX inflasie koerse en dit was die vorige keer 4.3% en hierdie jaar seker so 5, so ja, ons kry die SHITSTE verhogings in RSA. Dit help niks nie, want al mens se onkostes gaan op met minimum 10%, eish
Lekker lag ek vir die 2 mannetjies wat so ewe speletjies speel as hulle moet slaap!
En dan gaan ons sit met huispaaiement hierdie jaar en my keel trek al klaar toe as ek daaraan dink!! Dis SOVEEL meer as huur. Ons gaan nie 'n sent te spaar he nie. Stuur maar solank kospakkies ons kant toe hoor!!
Voetjies, snaaks genoeg was 4 van die 6 tande wat gelyk uitgekom het kiestande, en al wat daar was , was hier en daar 'n suur doek en st wou nie altyd eet nie, maar ek het dit eintlik nie agtergekom nie! Thank goodness.
Ek wil nou amper vir Riley in haar bed sit, want die kind stamp haar kop orals in die kot en haar voete haak vas, maar ek weet ook sy gaan van die bed afval want sy slaap soos 'n malding! Ag wat, ons moet seker een of ander tyd dit doen!