file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #218239 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo

Grenaat my hart is sommer seer vir jou en die ander mense! Ons bid sy word gou geholpe! En die volgende dokter sal bereid wees om jou eierselle te gebruik! Tim is 'n yster! Mins mans verstaan sulke goed. :huh:

Ek het lekker vir Ruben se rosyntjie doek gelag! Sal ook graag wil weet hoekom niks eers effens verteer het nie?! :ohmy: Klink te ougat as hy julle so lekker tart met die bedtoe gaan! Kan net die histeriese gegiggel hoor soos hy probeer wegkom. :P

Bollie het Riley al enige iets nuut by die skool geleer? Ek is so nuuskierig oor haar boek en leer wat moes oorgetrek word. ;)

Ag jinne Voetjies, Mia klink vreeslik oulik! Dit moet kostelik wees as sy agter alles uitspring en dan so lekker lag! Die kleingoed is darem net te dierbaar! :) Moet net se ek is vrek jaloers op jou lieflike lang verlof in Desember en dan nog boonop 26 (35-9=26) dae in die res van die jaar! Wil TUT nie 'n tak in NW kom oopmaak nie? :whistle:

Dankie tog dis amper tyd vir tjaila!

Lekker aandjie! Lekker doeks! En soene vir die babas!vc :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218234 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag Grenaat, ek is so jammer vir jou slegte nuus (en die ander toekomstige mamma)! Dis baie hartseer, en ek kan glo jy is baie hartseer daaroor.
Onthou net daar is altyd n doel as iets nie uitwerk nie! Al weet ons nie hoekom nie, en al is dit vir ons baie hartseer, is daar ALTYD n GROTER HAND in BEHEER.
Sterkte met die verwerking van die nuus.
Ek is seker daar sal n volgende keer vir jou wees, hou net moed! :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218232 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ag ek het nou net slegte nuus gekry. die spesialis in die kaap is nie gemaklik met my PCOS nie en besluit om nie die proses met my te doen nie. die mamma moet iemand anders kies.
alhoewel mens mag skenk as jy pcos het is daar van die dokters wat nie graag met sulke vrouens wil werk nie want dis risky.
ek is baie teleurgesteld :( en as ek so voel, hoe moet die mamma voel :( ek hoop sy kry gou iemand wat haar kan help.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218212 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het nogal geworry wat hy daaroor gaan se maar hy was baie verstaandbaar. hy het nie eers getwyfel nie en net gese ja. ek was soos, huh regtig :)
Hy se jy gee mos net vir hulle iets (hy het dit nogal laat klink of ek vir hulle sommer NET iets doen soos bloed skenk :blink: ), dis niks van jou nie en ook niks verder met jou te doen nie, jy help 'n ander gesin. hy is die groot een wat my help verstaan het, dis nie my kind nie dis hoekom ek reg is hiermee. hy is sommer 'n yster :)

hoeveel tande het julle kleingoed? ruben staan nou weer bietjie still, hy het altesaam 10 dink ek.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218210 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat, alles wat jy se is baie waar! Jy doen iets baie spesiaal vir daai ouers!! Dit moet vreeslik erg wees om so graag 'n kind te wil he en nie kan nie! Hoe het Tim oorspronklik daaroor gevoel? Hoekom ek vra is, mans is mos maar snaaks as dit by sulke goed kom?

Grenaat, Voetjies werk by die ou Technikon? Jy weet seker waar die Technikon is!

Dis waar, Riley vang elke dag iets nuuts aan!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218198 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het ook so aan die begin gevoel, dis helfte my kind wat daar gaan rondloop, ek wil weet hoe dit met hom gaan, of hy gesorg word, of hy liefde kry, hoe hy lyk. MAAR dit is nie my kind nie, en dit is hoekom dit beter is om nie kontak te mag he met die familie nie. Ek se gisteraand vir my ma, dink hoe erg moet dit vir daai mamma wees, sy weet dis nie haar kind nie net haar man en 'n ander vrou s'n, maar sy dra daai baba vir 9mnde, bou 'n verhouding op en skenk geboorte aan die baba, dit is haar baba! Ek glo sy het dit al lankal aanvaar anders sou sy nie hierdie besluit geneem het om die proses te doen nie.
En die gesinne betaal vreeslik baie vir die proses, hulle wil graag 'n kind he, en sal vir die kind kan sorg.

Daar is vreeslik baie skenkers op hul lys, ek het einde Nov aangesluit en is al gekies, ek het nooit besef daar is so baie vrouens wat glad nie kinders kan he nie.

ek moet byse, ek het goedkeuring gegee dat die kind my wel mag opsoek as hy/sy 18 is as hul sou wou. Ek sal nie omgee om eendag die persoontjie te ontmoet nie en as hy wil weet wie ek is, is dit reg met my.

Bollie, daar kan nie geen nuus wees nie, daai klein rakker van jou moes iets aangevang het gister :lol:

Voetjies, ek is in die stad, kerkplein. nee ek weet nie presies waar dit is nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218195 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Grenaat, sjoe die hele proses klink soos 'n belewenis! Ek hoop dit alles werk uit vir jou en die gesin van australie! Ek het nog nie my mind opgemaak of ek ooit so iets so doen nie, ek verstaan wat Voetjies se, daar is 'n helfte van jou wat erens in die wereld is, maar ek kan ook verstaan dat mens iemand help wat so graag wil kinders he en mens kan nie sulke mense ontneem as jy kan help nie.So ek wens julle alle voorspoed toe :rock:

Voetjies, o so jy is ook by TUT! Ek onthou Lara het altyd mos jare terug ook daar gewerk! Jong, ek is nie presies seker nie, maar ek dink die due date is einde van Maart se kant! Maar ek weet Lara sal keiser doen, so ek sal ook bietjie hoor wanneer is die datum!

Nie veel nuus aan hierdie kant nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account