file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #218296 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ja voetjies, ek weet waars dit. ek was al na die mark toe sommer in etenstyd.
nou se weer, hoe kry jy dit reg om so baie verlof te kry. vrek jy is gelukkig.

dalk moet ons poste ruil :laugh: , ek is ook nou my jaar 8 in my pos . Het laas jaar ook baie sterk uitgekyk na ander werk gesoek maar jis dis nie maklik nie. die enigste rede hoekom ek will waai is oor die stad. ek fkn haat die stad eks jammer maar regtig, dis nie lekker nie.

toe my man des verhoging kry het ek daaraan gedink om op te hou werk want sy verhoging was meer as wat ek pay. maar dit help nie, want dan sit ons presies waar ons was.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218271 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat ek is seker jou beurt sal kom om ’n ander couple te help met hulle droom om ouers te word! Weet jy waar die varsprodukte mark is, of Quagga sentrum, my werk is daar naby. Hoe gaan dit met die nie-rook-nie? Grenaat ek lag myself elke keer pap vir jou stories, klink omtrent of die 2 fun gehad het.
Bollie, ja, ou Technikon Pretoria. Ek het doerie tyd vir Lara die onderhoud gereël en sy het my vorige pos oorgeneem! Mia se skooltjie het ook elke week ’n ander tema. Hulle begin volgende week eers met die tema’s, ek’s nie gevra vir ’n leer of so nie, net die boekie waarin ek en juffrou vir mekaar skryf, maar ek sien uit na wat kom met die tema’s elke week! Sjaim, 6 tande gelyk, dit moes vreeslik gewees het.
Kwaaitjie, dis baie lekker om soveel verlof te hê. En in my kantoor is ons net 3 mense en ons werk baie lekker en gemaklik saam. As 1 ’n probleem het, dan ry jy en gaan sorteer dit uit! Ons werk actually heerlik saam, maar ja ek “stagneer” vreeslik in my pos en moes lankal begin plan maak vir ’n ander werk. Ek is ook nou al 11jaar by die plek (verskillende poste gehad, maar van na skool af het ek by Tech Pta. begin), is nou al 8 jaar in my huidige pos!
Ek is nie seker hoeveel tande Mia nou het nie, maar dis ook omtrent 10 of 11...en sy’s nou weer besig om te sny. Maar die keer het sy dit moeilik. Ons het nou 2 aande in ’n ry ’n gehuil en kerm die hele tyd. Wil nie eet nie, wil nie opgetel word nie, wil nie neergesit word nie, wil nie speel nie, wil net niks. Handjie heeltyd in die mond. Ai, hoe wens ek die Teething Necklace is al afgelewer gewees! Sy’t ook vanoggend ’n hengse “tande-doek” gehad. Sy’t gelukkig redelik goed geslaap...maar ek het vir haar “moetie” ingegee.
Dink regtig ook met die kleuterskool het die skeidings angs ding erg ingeskop, sy huil vreeslik as manlief haar aflaai, vanoggend was blykbaar vreeslik erg! Daar was ook nog ’n pappa wat sy dogtertjie kom aflaai het en die wou die pappa ook nie los nie, manlief sê die pappa het sommer daar in die klassie gaan sit en wag dat sussie nou eers rustig raak en hom laat gaan. Sjaim julle, die kleingoed trek ook maar swaar nè!
Hasie sterkte met die pyn van die klim!
Kwaaitjie sterkte met die dag, wat is fout met M?
Hoop julle het almal ’n heerlike dag.
X

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218270 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

dankie, ek voel vandag baie beter, ek dink dit was maar net 'n let down na die opwinding. Ek glo darem die mamma sal regkom, daar is so baie ander skenkers, hoop als werk vir haar uit.

Hasie, waar klim julle?

Bollie, ag lekker vir die shoot! dis great om mooi fotos te neem. ek dryg al hoe lank om by 'n fotograaf uit te kom.
Geniet die baby gym klasse, glo R gaan uitblink!

Kwaatjie, hoop M is okay. wat is fout met hom?

H het nou so vreeslik snotneus, chreche kieme :dry: maar hy is darem nie siek nie.

Ons het so gelag gisteraand. die seuns bietjie vroeer in die bed gesit maar mr R weer heeltyd uit geklim. toe besluit H hy join die fun en ons hoor hulle in die gang afkom. besluit toe om hulle 'n ignore te kap want hulle dink mos dis n vreeslike lekker speletjie. hulle kom so om die hoek van die bank gekruip en R se Halooooo. ons kyk tv. hulle 2 kom staan langs my en se Halooo Halooo halooo, hulle klink soos 2 pappegaaie. maar jis ons kon nie ons lag hou nie hoor, ek begin toe te ruk soos ek wil lag en ek swaai om na hulle kan toe en se WATS DIT. jis maar daai twee snol da weg, ruben sommer op sy agterpote, boude in die lug en hulle gil en lag. arme ruben het paar keer geval want sy hande en voete wou nie gelyk so vinnig hol nie. :laugh: hulle het vir so uur daar rondgehol soos 2 kinders op 'n sugar high en toe darem rustig gaan slaap.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218264 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle! B)

Hoop dit gaan goed met almal! Ek het baie min geslaap, Mare was nie lekker nie. :huh: En hierdie le 'n rowwe dag voor! :pinch:

O ja Grenaat, Mare het nou twaalf tande, waarvan 4 kiestande is wat almal gelyk besig is om hul plek in sy mond in te stoei! :ohmy: Dis 'n trane dal as ek sy gesig probeer afvee. :blink:

Lekker daggie vir julle! Hoop ek kan later weer inloer. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218262 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja Grenaat, jy het gevra oor die tande, Riley het ook nou 10 tande. Sy het laat mos begin met die tande en vir lank net die 4 gehad en nou die dag toe kry sy sommer 6 gelyk!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218261 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Aaai Grenaat, jammer om te hoor oor die nuus! Ek kan net dink jy is baie teleurgesteld :( Toemaar, daar sal weer 'n geleentheid opkom!

Kwaaitjie, jong sy is mos in die Bambi klassie van 10 maande af en hulle het elke week 'n tema. Soos die weer, of karre of watookal. Dan word daaroor geleer en hulle doen plakwerk en verfwerk ens vir dit. Geen idee wat voorle vir die nuwe jaar nie, ons kleuterskool volg die Mind Moves kurrikulum vir die kinders en werk vlg daardie beginsels.

Riley het mos laas jaar 'n Babagim kursus gewen, so hierdie Sat begin sy met haar 1ste sessie van 5 sessies.

Anina, vertel my net gou weer waaroor dit alles gaan, ek sien die kindertjies word gemasseer en aanvouling "touch" vorm 'n baie groot basis van dit?

Ons het Sat oggend ook ons laaste photoshoot van die pakker wat ek jare laas gekoop het, so dis paar familie fototjies wat geneem gaan word :-) EN JULLE WEET EK HAAT dit om voor 'n kamera te wees, maar nou ja!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #218258 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Ai Grenaat, ek verstaan nogal jou hartseer. Dis 'n groot teleurstelling, maar soos die ander se, God het altyd 'n plan. Hy wil vir daai mamma 'n spesifieke babatjie gee en mens weet nooit of daar dalk 'n genetiese rede is dat jy en die pappa nie compatable sou wees nie. Die Here is in beheer, en Hy besluit oor lewe en dood. So sit dit in Sy hande, dan sal alles werk soos dit moet.

Ons klim nou elke Woensdag aand, en ek is PAP vandag. Een keer 'n week is net nie genoeg om fiks te word nie. My arms is heeltemal lam, weet nie eers hoe ek gaan kar bestuur nie.

Hoop dit gaan goed met al die res!

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account