file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #171437 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Nelita, goed om 'n slag weer van jou te hoor! Jammer oor al die siek wees. Hoop jy en Stefan voel altwee sommer gou-gou baie beter! Ons mis julle klomp wat so stil is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #171431 by neln
Replied by neln on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Almal

Ek hoop regtig dit gaan goed met almal - vandat ek begin werk is dit tyd maar min.

Ek was verlede Woensdag in die hospitaal met Nierstene en Donderdag middag is Stefan opgeneem met brongitis tot Maandag oggend - ek was absoluut gedaan - hy is darem nou beter maar ek neb nogsteeds en boonop lyk dit of hy allergies is vir die Antibiotika!
Dit gaan maar dol aan my kant.

EK mis julle geselsies vreeslik!!!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #171395 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie dag julle!

Melody dankie vir die interessante artikel oor die bottels se steriliseer, maar ek stem saam met Gerne hulle moet iewers begin kieme inkry. Anders gaan hulle vir en van alles siek raak. Kayla is so oulik! Sy kruip nog vinniger as wat jy dink, lyk vir alte mobile! LOL. :silly:

Gerne sterkte met Rosy! Ek hoop Ruben los gou-gou sy nagetelike wakker word sessies! Slaap hy al in sy eie kamer? Dalk steur julle beweging en asemhaling hom in die nag. Mare slaap deur vanaf 2 dae na hy na sy eie kamer geskuif is. Pappa snork so effens en ek dink dit het hom gepla. Nou slaap hy sommer van 7uur tot 5uur met 'n bottel (100ml) wat ek 10uur sommer so in die slaap vir hom gee. Dis hemels! :woohoo:

Carmen, ek sien al vir Riley met die menu in die mond! En dan daai gesiggie wanneer mama dit wegvat! :laugh: En vat jy tanderinge of so iets, beland dit in elk geval een of ander tyd ook op de vuil vloer. Dus sal hulle elkeen maar hul dosis kieme inkry. :huh:

Anina ek dink ook enige iets binne perke is goed vir die kleingoed. Selfs 'n loopring. Mare was nou al so 2 maal in syne vir so 10 minute per keer, ek glo darem nie dit gaan hom benadeel nie. Ek het by my sus 'n jolly jumper gekry, maar twyfel of ek dit ooit sal gebruik aangesien ek nie van die goed hou nie. Maar dis my persoonlike smaak en nie omdat enige iemand iets daaroor te se het nie. ;)

Ek sit vandag alleen by die werk. Piet is met die parte ou Jhb toe en ek moet die fort hou. Gelukkig is dit redelik stil! :)

O ja Gerne hier is 'n link vir 'n website met hordes patrone. Dit het hekel, brei, naaldwerk en allerlei ander patrone op en dis gratis. Gaan kyk na al die baba hoed hekel-patrone, daar is vreeslike oulikes. www.allcrafts.net/crochet/crochetbabyhats.htm

Lekker dag vir julle! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #171274 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle, die kiddies het my vandag weer vroeg uit die vere gehad! Niks rus vir 'n mamma op vakansie nie.

Melody, ek weet die Babygim se oppas vir 'n jolly jumper. Hulle se dit kan maak dat baba se ruggie nie self mooi sterk word nie omdat dit haar rug ondersteun. Maar Claudia se ruggie is vrek sterk vir haar ouderdom en ek laat nie meer as 10 min op 'n slag in die jolly jumper toe nie, so ek dink dis ok. Ek het dit toe ek vir Stefan gehad het met die babygim girl bespreek en ons het saam tot die gevolgtrekking gekom dat mens alles in moderasie kan doen.

Ek het nie 'n loopring nie, want ek glo ook nie daarin nie. Maar my skoonma het een en het vir Stefan 'n paar keer daarin gesit voor hy kon loop, dit was maar so een keer 'n maand en dan ook net vir 'n kort rukkie. Sy het aangebied om dit vir my te gee, maar ek het trappe en teels waarop dit kan vashak so dit was maklik vir my om 'n rede te gee om nee te se sonder om in 'n konfrontasie oor loopringe te beland.

Hulle hou ook nie van Bumbo seats nie, maar meeste van hulle redes gaan oor die rug wat te veel geondersteun word dan word die spiere nie self sterk nie. Ook maak die Bumbo seat dat hulle beentjies vorentoe gaan wanneer hulle sit, dan vorm hulle nie 'n goeie basis nie. Maar kyk maar vir klein Riley, hoe oulik sit sy, en Carmen het ook 'n bumbo seat. Claudia sit vir so 10 min 'n dag in hare wanneer ek kos maak.

Ek dink meeste van hulle besware gaan oor mense wat hulle kids die heeldag in sulke goed los.

Die regte ding vir sit is eintlik 'n boks, soos wat Mare se dagmoeder maak. Dit gee baba net genoeg ondersteuning om nie om te val nie en laat hom mooi sit met sy bene om 'n driehoekige basis te vorm.

Die babagym boek is ook baie goed en verduidelik die beginsels van babagym baie beter as die klasse.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #171273 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle

Hehe Gerne, meeste se vir my dis makliker vir die kleiner baba's om rond te beweeg!

Shame sterkte met Rosy, was laas week my beurt.

Ek stem ook oor die ime ding, hulle kry so baie kieme in hulle mond van aan goete vat.

Toe ons die naweek in die Spur was, toe wou sy net die menu kou en die placemat kou. As ek dit wegvat was sy hoogs onsteld.

Nou moet julle weet hoe vuil DIT is, maar wat kan mens doen, sy was seker geflood met heavy baie kieme en nou veg die lyfie maar daarteen en word net sterker. Ek kan haar nie keer al die vuil goed in haar mond sit nie?

Melody en almal, so tot watter ouderdom gee mens bottel en wanneer gee mens uit sippy cup? Se julle ek moet op 6 maande al vir haar 'n sippy cup koop?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #171264 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore.

Rosy het vandag vir my kom kuier so ek is nie in die beste buie nie :(

Melody. jis lyk amper of sy ook wil kruip ne! sy is te pragtig.

oor die steriliseer. jy moet net onthou, as baba begin kruip of rondbeweeg kry hul allerhande goed in hul mond, baie kieme ingesluit. kieme is ook nie altyd sleg vir hul nie want dit help om hul imuunstelsel op te bou en sterk te maak teen kieme (klink weird).
Dis hoekom die ou mense altyd se, los die kind dat sy vuil word!!!!

Ek dink as die bottels baie mooi skoon gewas word in warm water kom die melkies darem uit?!

Carmen, ek vertel my ma nou die dag van Riley wat so mobile is toe se sy dis omdat sy so klein en fyn is :ohmy: Lyk my ons vetties het nie spiere vir beweeg nie - of hulle dink dis te lekker om net te le! :)

Jis Ruben was gisternag weer baie wakker. die klein rakker word elke uur wakker net om 'n paar slukke van sy melk te vat. vanaand gaan ek myself baie moeite spaar en by hom sit terwyl hy drink, sorg dat hy sy bottel klaar maak en as hy dan weer wakker word - tee boeta. !

waar is petro en die ander klomp?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #171167 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
stoute boude
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account