file Oktober mammies 2010

15 years 6 months ago #170848 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Melody, dit lyk stunning!!! Geniet die fototjies, dit is so lekker om jou huis vol van jou geliefdes te maak!

Julle ek het behoorlik gegraft die naweek! Al 4 my projekte waarmee ek eers Vrydag begin het is ingehandig. Dis so 'n berg van my skouers af, maar ook so senutergend omdat ek graag die uitslae wil he, maar ook nie want dis baie diep goed wat bespreek is en ek wil nie noodwendig nou daarmee geface word nie... My assessor is vreeslik op die ball, ek het gistermiddag laat die eerste twee projekte ingemail en reeds vanoggend die uitslae gekry. Toe mail ek maar die ander twee want ek was te bang as ek hulle weer moet oopmaak nadat ek die eerste twee se uitslae gelees het, sal ek dalk alles verander.

Christa, Mare is omtrent groot ne! Ek kan nie glo jy het die bul tot dusver basies nog net op melk grootgemaak nie, hy is yslik!!! En hy sit so mooi regop en doedoe, geen spiertonus probleem daar nie...

Gerne, ja mens kan op 6 maande ophou bottels steriliseer. Maar nadat my mikrogolf nou ingegee het steriliseer ek nie meer nie, ek laat le net die die goed in kookwater as ek klaar gewas het. Hoop maar dis goed genoeg want ek sien nie kans vir die Milton reuk nie en ook nie om alles elke dag vir 10 min te kook nie... Dis inelkgeval nou nie asof ek baie melkbottels gebruik nie, sy drink maar meestal nog aan die bors. Net een bottel per dag en hy word voor die melk ingegooi word weer met kookwater uitgespoel.

Lekker week vir almal!! Ek is tog op vakansie! En noudat al my take klaar is kan ek regtig ontspan die week.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170817 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
AG MOEDER Christa, kyk hoe sit ons en slaap.

julle Kayla het weer bietjie van n koors en wil nie lekker haar melk drink nie.....sy eet darm haar kos....ek hoop maar dis deel van die tande sny en dat sy nie besig is om weer siek te word nie.

My man het finally die frames op gesit ....ek dink dit lyk nogal oulik.....
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170771 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag moeder Christa, kyk net hoe doedoes hy.

Ek sal op 'n stadium kom pryse opsit. Moet net weer gaan kyk wat kos die materiaal en my patrone opspoor.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170715 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
probeer vanaf selfoon
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170603 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
My foto wil nie laai nie en dis maar 869kb!!! :angry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170600 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 6 months ago #170587 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo dames!

Gerne, sterkte vir die "broosheid"! ;) Hoop jy voel gou beter! Nou hoekom maak 'n mamma met 2 SEUNS eerste dogtertjie mussies? Asseblief ons wil ook he! :silly:

Elaine, wat se pakkies maak jy? Fotos? Hoop dit gaan nog goed!

Melody, Yay vir die naweek! EK is net so bly! Is lus om koek te bak of iets en dis al wanneer ek kans kry daarvoor! Wow, 'n skildery! Dis great! :woohoo: Deel uit daai CV, die nuwe werk wag om die draai!

Sjoe Anina, dis fantasties dat jou vriendin en baba so goed doen! Dit moes 'n belwenis gewees het! Die liewe Vader het ons almal die vermoe gegee om dit te kan doen, ons is egter so gebreinspoel dat dit gevaarlik is en so aan. En Hy pas mos Sy kinders op! :P Plesier vir die vorms! En baie geluk met jul vier jaar gister! Hoop julle het kans gekry om mekaar bietjie te bederf!

Carmen, een van die dae hardloop jy al agter 'n waggelende Riley aan! Sy is omtrent haastig ne! Soms wens ek Mare wil nou dinge begin doen en net die volgende oomblik wens ek hy wil bietjie stadiger grootword! Lekker confused! :blush: Gee sommer Biostrath ook vir Riley, dit bou haar gestel op en help met breinfunksie en so aan. Mare kry elke dag syne.

Mare is heeltemal oor sy verkoue! Ek is so dankbaar en bly daaroor! Die muskiete hou net elke aand middernagfees op sy kop en hande! Dit lyk omtrent erg! Ek begin die naweek met groente, hy eet reeds pap en dit gaan baie goed. Die naweek toe ons by my pa-hulle was, was hy so ge-intereseerd in sy nefie van 14 maande, dat hy klaasvakie geveg het! Toe raak hy eindelik op die bank aan die slaap in 'n sittende posisie. (Foto)

Lekker naweek almal! Ek hoop die klomp wat so afwesig is kom loer 'n slag weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account