Hallo julle!
Hoop almal het dienaweek geniet! Myne was lekker dol! Het kruideniersware gaan koop, Mare se groente gekook en verpak. En toe nog boon-op herstelwerk aan klere gedoen. Ek was stokflou Saterdag-aand! En het Vrydag natgereen, so ek sit met 'n brandende keel. Gaan gou vanmiddag Echinaforce koop.
Mare het ook erg jeukende tande! Hy eet alles op wat hy in die hande kan kry! En dan raak hy ERG omgekrap! Hy is ook nie baie lus vir melk nie, maar verslind darem sy pap en groente! Ek het patats, pampoen en wortels gekook en gee elke dag iets anders. Hy is baie lief daarvoor!
Anina, bly jy kon toe jou projekte afhandel sonder uitstel! Nou kan jy jou vakansie geniet! Ai ek is SOOOOOOO jaloers! Kan nie onthou wanneer het ek laas heeldag in pj's gebly nie?!
Melody ek is mal oor julle foto muur! Dit lyk great! Jou man was baie fluks!
Gerne ek is net so bly om die steriliseerder weg te pak! Die bottels se was is nog steeds baie werk, maar minstens is dit nou dadelik bruikbaar. Ou Ruben klink so oulik! Kan net sien hoe byt hy vir mamma aan die neus!
Drukkies vir die kleingoed en geniet julle dag!
PS Ek verlang vandag na my ou seuntjie! Is sommer befoeterd!