file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #159991 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Liewe land Anina, R2500 is verskriklik! Siestog! Arme Stefan! Wat doen antihistamiene? My man kry ook ñ tipe ekseem op sy rug. Drs weet nie waarvan nie, maar ek dink dis laktose intoleransie. Sodra hy roomys, joghurt of enige iets met baie melk of room eet, is dit erger. Hy meng ñ salf met aquaroom, anthisanroom, quadriderm en nr 9 tissue sout. Dit het die eksefm baie verbeter. Wat ook vir hom help is om ñ allergex te drink as hy roomys of enige van daardie goed ge-eet het. Ai ek kan net dink hoe erg dit vir jou ou seuntjie moet wees om so te jeuk! En hoe meer hy krap hoe erger jeuk dit! Hoop die soutgrot help! Vir julle al2! Carmen hoe was Riley se eerste dag? Lekker slaap almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159919 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek begin Dinsdag volgende week werk. Aaklig!!! Ek is glad nie lus daarvoor nie.

Christa R1000 klink vir my min. Maar hier by ons is almal mos skatryk en diep inni skuld, so hulle vra hemel hoe pryse vir sulke goed. Die kleuterskool waarheen ek Stefan volgende jaar wil stuur is R2500 pm, HALFDAG!!!

Ek is raadop met Stefan se ekseem en weier om nog een kortisoon salf te koop. Dit werk vir 'n week en dan raak sy vel weerstandig daarteen, ek het ook nou terrible ekseem op my hande agv my trou ringe. Nou het ek op die internet gesoek vir natuurlike oplossings en gaan more vir sout behandeling. Hulle sit jou in 'n sout kamer, die mure, die vloer en alles is van sout en die lug is ook verryk met droee sout. Ek moet saam met Stefan in die "saltcave" sit, so dan word ek sommer gratis ook behandel en hulle se dit neem so 5 sessies maar ons sal na die eerste gratis sessie sien of dit 'n effek het. Daarna kos die sessies R250 elk. Ek hoop regtig dit werk. Ek kan nie meer toekyk hoe my seuntjie homself stukkend krap nie. En ek het hom nou vir 'n maand van eiers af (sy gunsteling kos) en dit het geen effek nie. Ek dink ook nie dis melk nie, want hy het dit begin kry voor ek melk in sy dieet ingesluit het.

Verder as dit, gaan ek ook glyconutrients koop en kyk of dit 'n effek het. Die internet is vrot van wonderlike getuienisse van glyconutrients vir ekseem behandeling. Iewers moet iets net help!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159804 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen sterkte vir more! Ek begin Maandag. Dit was ñ dagmoeder wat die baba geklap het toe skryf sy in ñ brief vir die ouers die klap was vir haar eie seun 4jr oud bedoel toe koes hy. Kan jy dit glo? En verlede jaar ek dink Nov het sy ñ dogtertjie van 10mnde op die boude geslaan dat die merke sit. Wat kos Riley se skool per maand? Ek kan dagsorg kry vir R1000 per maand. Is dit baie of nie? Ek voorsien alles. Gerné Ruben klink te cute! Dis te oulik as alles net mond toe gaan!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159788 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ons naweek was baie lekker, die laeveld is darem net pragtig!

Ruben is vandag bietjie moeilik want hy het nou weer bederf die nwk met ouma en sy tannie.

Anina, dis ook my laaste week :( dis aaklig. Kan nie glo dis verby nie. Geniet dit maar almal.

Carmen, hoe het dit gegaan?
Oe ek sou gelike het om na n spa te gaan!

Mare is pragtig, love daai groot smile! Bly jul het n lekker tyd gehad Christa.

Ou Rubies vat nou so mooi, as ek sy speelgoed voor hom hou gryp hy dit sommer. En alles gaan kla mond toe, en hy kwyl vreeslik.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159787 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Dit het heel goed gegaan vanoggend, sy is nou by die skool! Ek mis haar vreeslik maar ek weet dis maar hoe dit moet wees!
Christa, ek het obviously die berig in Beeld gemis? Dit klink vreeslik!!!

Lekker laaste week ander Moomie mammas, ekke begin more!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159738 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen sterkte vir Riley se 1ste dag by die kleuterskool! Ek glo dit sal goed gaan! Nee Anina, werk is skaars en halfdag poste nog minder! Ek glo dit sal nog kom! Ek sukkel om dagsorg in Wolmaransstad te kry! Die tannie wat ek in gedagte gehad heu, het rugprobleme. Sy het my verwys, die vrou kry vandag kolonoskopie, vermoed kanker. Dan sluit hulle die dagsorg. Sal later vandag hoor. Wat kos dagsorg daar by julle? Ek soek plek in Wollies, dan het ons darem 2 ure langer saam met Maré per dag! Bid asseblief saam met my vir ñ goeie dagmamma! Verlede week se berig in die Beeld het weer my hare laat rys! Hoe klap jy ñ 8mnde oue baba in die gesig en dan nog so hard dat die merk 5 dae later nog daar sit?! Ai tog!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159672 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal!

Carmen, ek hoop jou hartjie is nie te seer oor R wat vanoggend kleuterskool toe is nie. Ek dink baie aan jou. Dit kom nou vir ons almal vinnig nader.

Die laaste week van my kraamverlof het ook aangebreek. Ek het so gebid dat Johan 'n ander werk sal kry sodat ek by die huis kan bly maar die Here wil my seker nog by die skool he.

Christa eks bly julle het julle vakansie geniet, pappa en Mare le so lekker saam en slaap. By ons is dit net 'n droom, as ek of Johan wil slaap is die kids wa wyd wakker. Het jy al 'n halfdag werk gekry?

Gerne, hoop julle naweek was ook lekker! Well done met jou gewig verloor!! Dis great!!!

Ek hoop dit gaan goed met al die res!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account