file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #160847 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Christa, ek is hier. Ek probeer maar die beste maak van my laaste paar daggies by die huis.
Ek was nou nou by die skool gewees. Ek is regtig nie lus om terug te gaan nie en die juffrou wat in my plek is het nie so mooi gedoen wat ek gesê het sy moet doen nie. Daarby het hulle ook my rooster so vol gemaak dat ek nou behoorlik voltyds daar werk. Ek het laas jaar 3 dae 'n week net na 12 geloop, ek was voltyds aangestel maar my rooster het net toevallig baie lekker uitgewerk. Nou het ek elke dag tot die laaste periode klas. Ek het vir hulle gesê hulle moet 'n plan maak met Dinsdae en Donderdae want Stefan swem 2uur en dit lyk darem of ons dit gereël kan kry.
Ek wens net ek kon beter beplan vir die swangerskap, dan kon ek gespaar het en 6 maande kraamverlof gevat het. Maar hopelik kan ek binne kort die hypnobirthing practitioner kursus doen en dan van die huis af werk. Ek bid dat hierdie my laaste jaar van skoolhou sal wees.
Hoop almal het 'n lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #160813 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
NOU WAAR IS ALMAL VANDAG??!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #160608 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Christa, nie almal is so oulik soos jy met naaldwerk nie! Ek haal my hoed vir jou af. Al hoekom ek natuurlik altyd kans sien om goedjies te maak is omdat dit eintlik hoofsaaklik my ma is wat dit maak, ek steek spelde vas en stryk some in... behalwe met die doeke, dit kan ek darem self suksesvol afhandel maar ek sal nie 'n doop pakkie aanpak nie!

So gepraat van my ma, sy en 'n vriendin het 'n klere reeks begin. Hulle goed is regtig baie mooi en pryse is billik. Hulle mik dit meer op 'n ouer mark, maar daar is baie van die goed wat ek self sal wil koop. En die kwaliteit is ongelooflik, die twee tannies ken van naaldwerk doen. Hulle het byvoorbeeld ook my trourok gemaak en dit was 'n stunner! As julle belangstel, kyk op my facebook profile vir Annatjie Haasbroek (dis my ma), een van haar foto albums is die klere wat hulle maak.

Ek gaan dadelik die apteker gaan vra oor Zinplex Christa, dankie! Ek dag dis dalk 'n voorskrif ding.

Dankie vir die tissue soute raad, ek het nog nie vir Claudia so baie daarvan gevoer nie, Stefan ken al die pilletjies baie goed en is mal daaroor. Hy vra sommer vir 'n pilletjie... Sal bietjie die nr 9 probeer vir die spoegies, hulle altwee het 'n groot spoeg ding aan die week.

Carmen sterkte met dag 2!! Hoop jou werk raak al hoe makliker.

Ek gaan nou nou bietjie in skool toe om te hoor wat daar aangaan en hoe ver die aflos juffrou met die werk gekom het.

Lekker daggie almal!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #160590 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Nelita bly dit gaan goed, jy is darem stil! Sjoe die dooppakkies is darem duur! Dis hoekom ek dit self gemaak het. Carmen bly dit gaan goed met Riley by die kleuterskool! So die R1000 is billik. Gerné moet dit nou nie oordoen in die tuin nie! Ag Ruben klink te cute! Hy is ook ñ bulletjie ne! Dis te oulik dat hulle begin speel! Maré geniet waars hy daars hy net so. As hy so giggel is dit vir my te dierbaar! Sjoe Anina! Rowwe dag! Kan hulle nie vir jou duideliker aanwysings gee nie? Gelukkig was die swem darem pret! Zinplex is ñ tipe sink aanvulling. Ek dink jy kan dit oor die toonbank koop by apteke. Het jy nie ñ goeie apteker wat jy vertrou nie? Dalk kan hy of sy help. Dames julle vergeet al weer van die TISSUE SALTS! Nrs 2 en 4 help vir die tandekry pyn en ongemak en nr 9 vir die verwoede kwyl! En dit werk! Ja toemaar ek weet! Ou mevrou Tissue Salts! Maré het laasnag die 1ste maal in sy eie kamer geslaap en dit het soos ñ droom gewerk. Hy het halftien sy laaste bottie gehad, halfdrie weer ñ bottie, toe le ek hom in sy kot neer (hy was nog wakker) klim in die bed en hy het vanmore kwart voor 7 weer wakker geword. So mamma het ook goed gerus. Lekker dag almal! Carmen sterkte vir al die nuwe werk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #160517 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

2 de dag op kantoor! :woohoo: Positive thoughts, positive thoughts!! :blink:

Gerne, Riley se gums pla net so baie, die arme kind kwyl ook by die liters en kou enigiets wat sy sien, van haar spoegdoeke, haar loopring.

As sy in haar snug & save in die kar sit, dan gryp sy die safetybelt en munch te lekker aan hom! Ek smeer goedjies aan die gums vir verligting!

Pragtige sonskyn dag vanoggend!

Ek moet se die verkeer is nie te bad nie! Ek probeer nou uitwerk hoe my tye in die oggend moet werk om Riley af te haal en betyds te wees vir werk en as ek haar 7 uur aflaai en ek ry so 7:15 by die klueterskool dan is ek binne 'n half uur op kantoor (ons kantore is oorkant Menlyn Shopping Centre), so die tyd werk goed uit!

Lekker daggie vir julle almal nog by die huis! Loer later gou weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #160478 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ek het vandag hard gewerk, in die tuin :). My hande en lyf is lekker seer. Ou Rubies het so lekker geskater vandag, as ek waars hy daars hy met hom speel dan giggel hy so lekker! Oe mense ek gaan hierdie kids van my vreeslik mis :(

Carmen, R se skool klink baie nice, dink jy kan gerus wees. Moenie worry oor die werk nie, jy sal dit vinnig onder die knie kry, jy weet mos die eerste paar dae is mos vreemd. Sterkte

Nelita, bly dit gaan goed.

Anina, klink jy het n rowwe dag gehad. Hoop more gaan beter!

Ruben is steeds moeilik, hy is vreeslik onrustig. Hy kwyl erg en vreet sy hande op, dink sy gums pla.

Lekker aand, hoop die babas is goed vir julle

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #160397 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Carmen, sterkte!! Dit klink darem of Riley in 'n goeie skooltjie is.

My dag was dol, geen nanny vandag nie, sy moes 'n tand laat trek toe gee ek haar maar die hele dag af.

Ek het eers vir 2 ure lank rondgery opsoek na die sout kliniek, toe los ek dit maar en gaan eet by Broadacres se kiddie speel plek brunch sodat Stefan net bietjie kan hardloop. Toe is ons huis toe, middag ete vir S en tietie vir C. Toe swem toe. Dit was heerlik, ek het sommer met C geswem terwyl die tannie vir S geleer het. Toe twee kiddies droog en aangetrek kry en huis toe. Toe sit ek hulle altwee inni bed, C het nie lank gehou nie, maar S slaap nog steeds. Pappa is oppad huis toe, so dinge raak darem nou rustig. Behalwe vir die berg skottelgoed, vuil bottels en doeke maar dit kan wag tot more oggend!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account