file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #159537 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Die spa was abslouut heerlik!! Dis die beste waarde vir geld wat ek in 'n lang tyd gehad het!

Hier is 'n link, doen julleself 'n guns en gaan kyk bietjie, dis great great great!

www.bayeteestate.com/

Ekke moet vandag wasgoed was en was en was :( Ek wens dit wil hulleself was!

Mare le te lekker en doedoes saam sy pa!! Dis te cute!

More gaan R kleuterskool toe, sal julle laat weet hoe dit gaan!

Lekker daggie verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159532 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis net glimlaggies!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159531 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Pappa en Mare vat n middagslapie.
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159494 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle! Het lekker by Klein kariba gerus! Mare het die swem vreeslik geniet! Hy het omtrent geskop en gespat! Was glad nie bang nie. En hy beur aanhoudend regop. Wil net sit. Hou ook sy bottie vas, kan dit net nie weer in sy mond kry as hy dit uitgehaal het nie. Te dierbaar! Lyk of dit goedgaan met almal! Carmen hoop jy geniet die spa gate uit! En sterkte vir die 1ste werkdag! Wens ons kon almal tuis mammas wees! Anina sterkte met jou opdrag! Dit was net n klein struikelblokkie! Jy sal tot die man deurdring. Bid vir jou vir leiding. Lekker naweek almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159428 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi.

Ons ry nog, sal seker eers 9uur da wees :( ek haat so ry.

R weeg nou 8,5kg, die suster het gese ek kan maar groente en vrugte gee so ek het lekker gekook die week. Appels, peer gekook, piesangs gekoop,moet nog net alles try en dan klomp versk groente.

Carmen, dit het goed gegaan, ek het 6 vir die maand verloor maar het ons nou eers bietjie n break gevat, mens se lyf kan ook net soveel vleis, eiers kaas en bacon handle. Sal dalk weer bietje later hervat.

Petro X is cute! R doen dieselfde dan stamp hy sommer sy bottel uit sy mond. Hy slaap nou nog heelpad so ek weet nie wat gaan vanaand gebeur nie

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159324 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar,

Ek is sommer in so 'n depro bui vandag. Miskien is dit die bewolkte weer wat my so maak. En die kids is moeilik, hulle wil nie slaap nie, en ek is hartseer oor ek moet terug gaan werk toe. Nog net een week oor saam met my kiddies.

Die ontmoeting met die ou wat ek moes gaan sien was 'n totale flop. Hy het verskoning op verskoning gehad en ons kon hom op die ou end nie gesien kry nie. My moed is in my skoene daaroor, maar die proses is nie in my hande nie, so ek moet dit seker maar vir die Here los...

Petro, Xander is regtig baie cute!! Daai ou gesiggie is iets om op te vreet.

Hoop almal het 'n lekker week gehad, en geniet die naweek!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #159147 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Dis maar stillerig hierso!

Petro, Xander is regtig oulik!

Riley probeer ook die bottel vashou, wil nog nie heeltemal lekker werk nie!

Nie veel nuus hierso nie, dis heel bewolk en reenerig by ons vandag? :huh: Weet nie waar die weer vandaan kom nie??

My stiefma en my tannie het nou saam 'n 11 hektaar stuk grond gekoop, en hulle gaan hulle eie perdestalle ens. maak, almal sien so uit na hele venture! Dis 'n pragtige stuk grond en dis baie gelee, oppad na Boschkop se rigting! So ons is nou besig om daaraan te werk!

Verder, slaap Riley nou, en ek kyk maar tv en wees rustig, het vanoggend die kar gaan aflaai vir 'n diens en moet dit later vanmiddag gaan oplaai

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account